kategorieë: Blogs

Van spookpyne en stories skryf

Saterdag gly by my verby. Ek en Gawie bring baie tyd in die bed deur. Ek slaap en hy werk getrou. Daar is gedurig afvalstowwe en bloed om te dreineer. Jaun is altyd naby, altyd bereid om te help met enige iets. Daar is niks waarmee hy kan help nie, behalwe om iets te ete en te drinke aan te piekel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klein aanpassings moet gemaak word. Ek het nog altyd op my regtersy of my maag geslaap. Gawie se pypie is regs en ook die operasiewond. Dit voel vreemd om op my maag te slaap, want ek lê skeef so met ‘n bors aan die linkerkant en niks aan die regterkant nie. Ek sal met Softie slaap sodra ek ‘n post-operatiewe mastektomiebra het. Ek lê maar ewe getrou op my linkersy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die nag word ek wakker van spookpyne. Dit is seer presies daar waar die gewas gesit het. Dit voel asof daar ‘n bors is en asof die gewas weer terug is op sy plek. Dieselfde polsende seer waaraan ek gewoond geraak het in die voorafgaande paar maande. Dit is ‘n neurologiese ding, besef ek toe my vingers my inlig dat daar regtig nie meer ‘n bors is nie. Een van die teorieë is dat spookpyne veroorsaak word deur beskadigde senuwee-eindpunte en die fisiese herinnering van die pyn wat mens voor die amputasie ervaar het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sondagoggend raas my wekker my oudergewoonte om half vier wakker. Dit is gewoonlik my skryftyd. Daar is min pyn en ek voel nie meer so moeg nie. Ek staan dus op en gaan maak vir my boeretroos. Boek nommer drie is in wording en ek beplan nie dat kanker ‘n sê gaan hê oor die datum waarop ek die manuskrip wil inhandig nie.

Ek en Gawie gaan sit voor my rekenaar. Ek maak die dokument oop en lees oudergewoonte die laaste hoofstuk voordat ek my toelaat om met die volgende hoofstuk te begin. Die lesers moet daardie IETS hê om hulle te oortuig om verder te lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek verloor my in die storie, in die karakters, in die navorsing. Teen agtuur is ek tevrede dat die nuwe hoofstuk werk. Die oggend voel na ‘n groot triomf. Nie kanker of ‘n mastektomie kan verander wie ek is nie; ‘n storieverteller. Jaun slaap nog die slaap van die regverdiges.

Weer ‘n koppie boeretroos. Navorsing van ‘n ander aard. Teen negeuur het ek ‘n lys van mense wat spesialiseer in die verkoop van mastektomiebra’s, ook mense wat spesialiseer in die verskaffing van pruike. Ek gaan twee pruike koop. Een blond en een rooibruin. Chemo gaan my die geleentheid gee om te voel hoe dit voel om my haarkleur by my uitrusting aan te pas en nie andersom nie.

My To-Do lysie vir die week is opgestel. Dit is die week van inkopies: mastektomiebra’s, ‘n prostese en twee pruike. Dit is ook die week waarin my tweede boek bekendgestel gaan word by ‘n oggendtee. Ek sal moet dink aan ‘n manier om vir Gawie so te versteek dat ek die gaste nie ontstig nie.

Ek huil vir die eerste keer daardie aand voordat ek in die bed klim. Dit is tyd dat Jaun my nuwe lyf sien. Ek kan dit tog nie vir altyd vir hom wegsteek nie. Ek sê vir hom ek wil hê hy moet sien hoe ek lyk so met die bors aan die een kant en ‘n groot pleister aan die ander kant. Dis nie nodig nie, keer hy. Regtig nie. Vasbyt, Madelein, dink ek. Ek knoop my slaapbaadjie oop en ek kyk in sy oë toe ek die pante ooptrek. Daar is simpatie. Empatie. ‘n Groot, groot hartseer. Hy is hartseer om my onthalwe, nie om syne nie, weet ek.

Toe ek huil, vou hy my in sy arms toe en wieg my heen en weer soos wat mens se pa doen as jy klein is en jou bloeiende knie voel na die einde van die wêreld. Ek en Gawie raak daardie aand in die holte van Jaun se arm aan die slaap.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.