kategorieë: KersfeesKos

Varkrafeltjie-vleis met karamelpynappels

Genoeg vir 30.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1,5 kg varkskouer, ontbeen
  • 1 ui, ruweg gekap
  • 2 wortels, ruweg gekap
  • 2 selderystingels, ruweg gekap
  • 4 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 15 ml (1 e) vinkelsaad
  • 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
  • 1 pynappel, geskil en in klein blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) pynappelsap
  • 30 ml sojasous
  • 125 ml bruinsuiker
  • 10 samoesadeegstroke of 2 fillovelle in 7 cm-stroke gesny

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karamelpynappel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 1 pynappel, geskil
  • 80 g botter
  • 80 g bruinsuiker
  • 5 ml (1 t) kaneel
  • 5 ml (1 t) gemengde speserye
  • 4 naeltjies
  • 2 steranys, gebreek

Metode

Verhit die oond tot 200 °C.
Jy het 2-3 vlak tertpannetjies met 30 holtes van 7 cm in deursnee nodig.

  1. Verhit die olyfolie oor matige hitte in ’n groot, oondvaste kastrol. Geur die varkvleis met sout. Verbruin die vark in die olie tot goudkleurig aan al die kante. Haal uit.
  2. Braai die ui, wortels en seldery vir 3 min. of tot sag in dieselfde kastrol. Voeg die knoffel en vinkelsaad by en braai vir nog 3 min. Sit die vark terug in die kastrol.
  3. Gooi die hoenderaftreksel, pynappelblokkies en -sap, sojasous en bruinsuiker by. Kook in die oond vir 2½ uur, of tot die vleis sag is. Haal die vleis uit en trek met twee vurke op ’n kapplank uitmekaar. Gooi die sous deur ’n sif. Sit die sous en rafeltjievleis terug in die kastrol.
  4. Sny intussen 30 x 10 cm-sirkels uit die deeg. Voer die tertpannetjies daarmee uit, smeer met gesmelte botter en bak vir 10 min. of tot goud-kleurig. Hou eenkant.
  5. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C.

Karamelpynappel

  1. Room die botter, bruinsuiker, kaneel en speserye saam. Vryf die bottermengsel oor die pynappel. Druk die naeltjies en steranys daarin. Bak vir 1 uur of totdat die buitekant gekaramelliseer is. Laat afkoel.
  2. Sny die pynappel in dun lappies.
  3. Dien die vleis op in die krakerige deegbakkies met ’n skyfie karamelpynappel en ’n salieblaartjie.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.