kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoe stimuleer jy jou voorskoolse kind?

In ons hiperkompeterende wêreld is dit nie ongewoon dat kinders so jonk as twee aan ’n skedule vol gestruktureerde aktiwiteite soos basiese wiskunde en mini-sokker blootgestel word nie. Hul ouers het net die beste bedoelings, maar is dit ’n goeie toedrag van sake?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Navorsingsresultate wys toenemend dat doodgewone, outydse spel ’n kind die beste op grootskool voorberei,” sê Barbara Eaton, akademiese ontwikkelingsadviseur by die Pre-Primêre Afdeling by ADvTECH, Afrika se grootste private onderrigverskaffer. “Spel speel ’n kritiese rol in breinontwikkeling en in kinders se kognitiewe en sosiale vaardighede. Die regulering van emosies, beplanning en probleemoplossing – dit berei ’n jong brein voor op die lewe, die liefde, en selfs skoolwerk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spel ontwikkel die brein

“Navorsing deur Sergio Pellis aan die Universiteit van Lethbridge, Kanada, het getoon hoe speel die verbindings tussen die neurone in kinders se pre-frontale korteks verander. Sonder spel-ervaring bly die neurone dieselfde. Pellis het bevind dis juis hierdie neuronveranderinge wat kleintyd plaasvind wat die brein se uitvoerende beheersentrum help bedraad.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou dit eenvoudig

“Die ouers van kinders wie se kamers soos speelgoedwinkels lyk, gee hul kind nie noodwendig die beste wegspringplek nie. Voordelige spel is dié soort wat kreatiwiteit, verbeelding en probleemoplossing verg.

“In die voorskoolse fase kort kinders basiese speelgoed soos ’n goeie stel eenvoudige houtblokkies, ’n paar karretjies wat nie met batterye werk nie, ’n sagte pop of twee, ’n teddiebeer, plastiekbordjies en koppies, en ’n groot bal.

“Ou komberse of lakens om huise en tente te vorm en ’n paar bokse en kratte maak kreatiewe en verbeeldingspel moontlik. Dit geld ook vetkryte, groot velle papier (nie inkleurboeke nie) en verf.

Wanneer ouers hul kind baie geleentheid gun vir speel, lê hulle die fondament vir akademiese sukses

“Wanneer ouers hul kind baie geleentheid gun vir speel, alleen en ook met ander, lê hulle die fondament vir akademiese sukses. Die kinders versin stories en tonele, los probleme op, en vind hul pad deur sosiale padblokkades. Hulle weet wat hulle wil doen en maak ’n plan om dit reg te kry. Ouers moenie te gou ingryp en probleme vir hulle probeer oplos nie.”

Die regte soort spel

“Ironies genoeg is die voordeligste soort vryspel ook die goedkoopste. Stel ’n kind van kleins af bloot aan materiale wat hul sensoriese stelsel stimuleer: sand, water, voorwerpe wat ’n geluid maak, speelgoed met verskillende teksture, en boeke met prentjies waarmee hulle kan indentifiseer.

“Die inhoud van jou kaste wat potte en panne en plastiekhouers bevat, verskaf ure se kreatiewe spel terwyl konsepte soos grootte, vorm, tekstuur, klank en ooreenkoms aangeleer word. Voorwerpe wat hop, rol, en van vorm verander wanneer dit gedruk of getrek word, ontwikkel ruimtelike vaardighede en visuele noukeurigheid.

Ironies genoeg is die voordeligste soort vryspel ook die goedkoopste

“Sodra kinders mobiel raak, moet hulle vry wees om rond te beweeg – uiteraard met hul veiligheid in gedagte. Moenie bekommer oor ’n mondvol gras af en toe of ’n kind wat vuil word nie. Laat hulle in die tuin grawe, blomme pluk, en later modderkoekies en ‘gras-sop’ vir hul fantasiespeletjies maak.

“Deur fantasiespel maak kinders sin van hul wêreld. Verbeelding- en rollespel help hulle om baie dinge te verstaan. Hoe meer tyd kinders met ‘drama-spel’ deurbring, hoe meer gevorderd is hul intellektuele ontwikkeling en konsentrasievermoë.

“Beperk dus buitemuurse aktiwiteite vir kleintjies, al is dit nou in die mode, en gee hulle ononderbroke tyd en ruimte vir fantasiespel. Kies ’n kleuterskool of voorskoolse inrigting wat passievol in spelgebaseerde leer glo. Dit help kinders om emosies soos woede, vrees en jaloesie te leer verwerk, om meer selfdissipline aan te kweek, en om veerkragtigheid te ontwikkel. Dis almal waardevolle vaardighede vir iemand wat in die toekoms akademiese uitdagings te bowe wil kom en met gemak in die samelewing wil funksioneer.”

Lees ook: Maak ’n kreatiewe kind groot

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.