Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sous
• 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
• 45 ml (3 e) perskeblatjang
• 15 ml (1 e) heuning
• 30 ml (2 e) sojasous
• 125 ml (½ k) klappermelk
Roerbraai
• 15 ml (1 e) gekapte knoffel
• 15 ml (1 e) gekapte gemmer
• 15 ml (1 e) gekapte brandrissie
• 500 g ontbeende varknek, in blokkies gesny
• knypie sout
• 5 wortels, in dun repies gesny
• 5 murgpampoentjies, in dun repies gesny
• 6 jong mielies, in die lengte middeldeur gesny
• 5 jong preie, in dun repies gesny
• 125 ml (½ k) grondboontjies
• hand vol kruisement
• hand vol koljander
• 125 ml (½ k) gerasperde vars klapper
1 Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Hou eenkant.
2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissie by en roerbraai vir 1 min.
3 Voeg die vark by en roerbraai vir 3 min. of tot goudkleurig en gaar. Geur met sout. Skuif die vleis teen die kante van die wok op.
4 Roerbraai die wortels en murgpampoentjies vir 2 min. in die middel van die wok.
5 Voeg die mielies, preie en grondboontjies by en roerbraai vir nog 2 min. Gooi die sous by en meng alles deur, roerbraai tot alles deurwarm is.
6 Sit voor met vars kruisement, koljander en klapper.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.