Vas: die nuwe dieetgier

Dit is die lekker lewe se skuld dat twee uit elke drie van ons minstens ’n paar kilo’s oorgewig is, sê Ori Hofmeckler wat The Warrior Diet geskryf het. Primitiewe mense het nie, soos ons, elke dag gereeld geëet, met drie etes en sowaar twee tussenhappies ook nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar was baie dae met te min, vleislose dae, en min dae van vergryping as ’n groot bok gejag is. Hul leefwyse was een wat van vas na fees geswaai het. Ons metabolisme het teen hierdie agtergrond ontwikkel. Werk dit nou nog vir ons? Dit word tans wyd nagevors.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit ís vroeg maar dit lyk asof dit inflammasie en cholesterol verlaag. En dan is daar die aanhangers van die nuwe gier wat sê hulle verloor gewig, al is dit net omdat hulle minder eet. Tog is dieetkundiges teen vas gekant, met goeie rede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die vasdieet?

Mense verstaan vas verskillend. Daar is:

• Die breatharians, wat glo dat hulle in die lang termyn net van sonlig kan leef. (Dit is onmoontlik. Vermoedelik is die meeste in ontkenning oor wat hulle werklik eet, of drink hulle tee of vrugtesappe.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Dié wat in die vasperiode vloeistof inneem, soos vrugtesap (uiters hoog in kilojoules en suiker, en in groot hoeveelhede nie gesond nie) of jogurt (hoog in kilojoules en eintlik baie voedsaam).

• Dié wat om geloofsredes een dag per week niks eet nie, of vir ’n tyd iets opgee, soos om vir ’n jaar brood, koffie of wyn weg te laat.

• Dié wat jaarliks vir ’n maand van sonop tot sononder vas, soos in Ramadan. Sommige eet saans matig, terwyl ander saans ooreet.

• Dié wat elke tweede dag vas. Party vas heeltemal en drink net water en kruietee (swart en bitter); ander eet op hul vasdag net bitter min.

• Dié wat ’n aantal ure per dag vas, soos van smiddae vyfuur tot soggens agtuur, en dan niks buiten water en kruietee drink nie.

• Dié wat twee dae vas en vyf dae normaal eet, met variasies, soos om drie dae te eet en een dag te vas, of altyd op ’n Maandag te vas, om te vergoed vir die naweek se oordaad. Hier vas mense ook op van net water tot jogurt of baie min kos.

Hoe werk dit?

Ori Meckler en die ander vas-voorstaanders sê ons liggaam is gemaak om soms te vas en soms te ooreet. Te veel kilojoules sneller ons parasimpatiese senustelsel wat ons rustig maak. Dit werk goed omdat dit ons liggaam kans gee om die kilojoules te verteer. Daarom dat jy ná ’n Sondagmaal rustig wil wees, eerder as om Tafelberg te gaan uitklim. Te min kilojoules sneller ons veg-of-vlug simpatiese senustelsel. Ons is dus wakkerder, meer gereed vir aksie en skerper.

Die ideaal is om albei stelsels op te skerp. Nog ’n groep navorsers sê ’n supermineetstyl sneller ons menslike groeihormoon, wat ons jonger en soepeler hou en sorg dat ons cholesterol, bloedsuiker en bloeddruk normaal bly vir ’n gesonde, lang lewe.

Wat is die nadele?

Bogenoemde vertel nie die hele storie nie, sê dieetkundige Lila Bruk van ADSA (ons amptelike dieetkundige vereniging). “Wanneer jy ‘vas’ of te min kilojoules inkry, vertel jy jou liggaam ‘pas op, hier is ’n hongersnood op pad’. Jou liggaam reageer deur jou metabolisme stadiger te maak. Op die ou end sit jy met ’n liggaam wat vet raak van bitter min kos.

“Maar die emosionele uitwerking daarvan is vir my ergste. Mense met sulke uiterste eetpatrone ontwikkel te dikwels ’n abnormale verhouding met kos. Hulle fokus net op eet, of om nie te eet nie, wat bulimie of anoreksie kan sneller. Hulle raak emosioneel oor kos, en daarmee saam ontwikkel hulle uiters komplekse gedragspatrone wat gewigsverlies nie ’n kwessie van gesonder eet maak nie, maar een waarin jou emosie jou elke keer kelder as jy probeer gewig afskud of aansit.

“Dit gaan nie oor vas of ooreet nie. Die geheim is om elke dag van jou lewe ’n gesonde eetroetine te volg: voedsame kos met al jou voedingstowwe en genoeg energie. In ’n normale lewe is kos nie die fokus nie.”

’n Splinternuwe ondersoek aan Cornelluniversiteit in die VSA is een van die vele wat Lila se standpunt bevestig. In hierdie ondersoek is 68 mense in twee groepe ingedeel, waarvan een middagete moes oorslaan. Altwee groepe kon daarna enigiets by ’n aanlyn-supermark gaan koop. En raai wat? Jy’s reg: die vasters het bykans net kos gekoop, en boonop kos wat gemiddeld 31% meer kilojoules gehad het as die koskopies van die eters. Dié soort eetbenadering het beslis ’n paar slagysters.


As jy kies om te vas

Doen dit ten minste op die beste moontlik manier. Eet min maar gesond, doen dit meestens vir ’n dag en hou dit voedsamer met dié kos:

  • Drink 6-8 koppies vloeistof, soos heuning- of rooibostee en water. Tot twee koppies melk of jogurt kan daarby ingesluit word. Los die vrugtesappe.
  • Eet een eetlepel sade en neute, soos lynsaad, amandels, grondbonebotter of avokado.
  • Gun jouself minstens een porsie vleis, vis, hoender of eier. Moet dit nie in olie braai nie en verwyder alle sigbare vet.
  • Eet groente soos broccoli, Brusselse spruite, wortels, beet, murgpampoen, skorsie, komkommer en tamatie. Maak vir jouself ’n slaai of sop daarvan en geur dit mildelik met tiemie, seldery of basilie.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.