kategorieë: DekorDoen dit self

Verf ’n ou stoel

Stap 1: Voorbereiding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Berei die stoele as volg voor:
Maak seker die houtrugkant en -sitplek is vry van stof en silwerskoon. Indien daar areas is wat beskadig is, skuur dit glad of gebruik houtvuller (wood filler) om die areas gelyk te maak, en skuur die oortollige houtvuller glad sodra dit verhard het. Skuur die metaalpote baie liggies met growwe (60 gritt)-skuurpapier om dit effens grof te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 2: Verf & seël

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verf die stoele in die kleur of kleure van jou keuse. Ons het op ‘n retro-tema besluit en Annie Sloan se Chalk Paint gebruik. Vir ons projek het ons besluit om die stel van ses stoele in twee kleurvariasies te verf. Vir die een variasie het ons die stoel se sitplek met Aubusson Blue geverf en die pote en raamwerk met Olive. Die stensel en strepe op dié variasie is in die kleur Versailles. Vir die ander variasie het ons die stoel se sitplek in Aubusson Blue geverf, die raamwerk in Olive en die stensil en strepe in Aubusson Blue, met aksente in Versailles.

Verdun die verf effens met water sodat dit gemaklik aanverf en verf twee lae, en maak seker dat die lae goed droogword.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nadat die stoele geverf is en die verf drooggeword het, wend ‘n laag Annie Sloan Clear Wax met ‘n sagte, gladde lappie aan en poleer tot dit ‘n gladde afwerking het.


Stap 3: Verf strepe

Gebruik maskeerband om strepe op die stoel se sitplek af te merk en verf in die kleur(e) van jou keuse. Verf twee lae en laat goed droog word. Verwyder die maskeerband.

Stap 4: Stensils

Gebruik ‘n stensil of stensils van jou keuse (verkrygbaar by Chisel & Chalk en die meeste ander spesialis-verfwinkels) en plak dit in plek met maskeerband. Gebruik onverdunde Annie Sloan-verf en ‘n stensilkwassie om die stensil(s) aan te bring.

Stip die verf teen ‘n 90 grade hoek met die kwassie oor die stensil. Wees versigtig om nie onder die stensil in te borsel of verdunde verf te gebruik nie, want dan sal die stensil vloei. Gebruik een of twee lae, afhangend van die verlangde digtheid. Ons het net een laag gebruik. Sodra die verf droog is, verwyder die stensil(s).

Stap 5: Amper daar!

Sodra die verf van die strepe en stensils goed droog is, wend ‘n laag Clear Wax oor die strepe en stensils aan en poleer tot glad. Nou is jou stoele klaar en reg om gebruik te word! (Let wel dat die Clear Wax ‘n periode van 14 tot 21 dae benodig om volledig te verhard (cure) voordat die item ten volle gebruik behoort te word.)

Lees ook: 5 sakpas-wenke vir ’n nuwe voorkoms vir jou huis

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.