kategorieë: Ontspanning

Die mooi en die lelik van ‘FX’s Feud: Capote vs The Swans’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ryan Murphy (Glee, American Horror Story, Dahmer – Monster: The Jeffrey Dahmer Story, Feud) is een van die produktiefste inhoudskeppers in die TV-bedryf. Sy Horror to History-reeks is waar dit alles begin het en wat die tema vir al sy genres saamvat in indrukwekkende, moet-sien kostuums.

FX’s Feud: Capote VS The Swans wat deur Ryan geskep is, is ’n beperkte reeks van agt episodes wat op die topverkoperboek, Capote’s Women: A True Story of Love, Betrayal and a Swan Song for an Era deur Laurence Leamer gegrond is. Dit stel die vernuf van Lou Eurice aan om die veranderende style van die middelsestigerjare vas te vang. Ryan het die ontwerper Zac Posen nadergetrek om die Swane se kostuums te skep. Dit is om Capote se beroemde swart-en-wit-bal van 1966 te laat herleef wat in die Plaza Hotel in New York gehou is – waar die openingsaand van dié vertoning ook vroeg verlede jaar gehou is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Demi Moore as Ann Woodward. (Foto: FX Networks)

Marin Ireland as Katharine Graham. (Foto: FX Networks)

Gegewe al die inligting waarmee ons daagliks op sosiale media mee bombardeer word, het baie mense dalk die naam Truman Capote al vergeet. Hy was een van Amerika se beste skrywers en iemand wat groot invloed in die jare sestig uitgeoefen het. Hy het homself met die mees gesofistikeerde vroue van die hoë lui van New York omring, wat in daardie stadium die topklas van die Amerikaanse samelewing was. Baie van die vroue, wat as sy “swane” bekendstaan, was met van die magtigste mans van daai tyd getroud. Die storie, wat ook al welbekend is, is dat magtige mans altyd na nuwe uitdagings soek.

Tom Hollander as Truman Capote. (Foto: Pari Dukovic/FX Networks)

Hulle vang die liefdes van hul lewens soos hulle met die voedselketting opbeweeg en wanneer die vroue nog wulps en lieflik is, net om na die volgende een te beweeg sodat die vrou tot ’n bykomstigheid gereduseer word. Die vroue bestuur die huishouding, die familie, die sosiale kalender, dra ontwerpersklere en – soos daar in Feud gewys word – ontvang ontwerpersjuwele as geskenke wat met heelwat mag saamkom. Hulle moet egter hulself blind hou vir die feit dat hulle nie hul man se hooffokus is nie. Daar is gewoonlik een of ander bondgenootskap aan die gang. Om hulle van hul seer te verlos, vorm hulle verbintenisse met ander vroue soos hulle. Capote was hul “man”. Hy het hulle met die mees verregaande skinderpraatjies vermaak. Hy was hul sielkundige en hy het as hul “walker” opgetree, dit is ’n homoseksuele, nie-bedreigende man wat goed lyk en die vrou na geleenthede toe vergesel. Eintlik het hy uit die motor geklim en voor hulle uitgestap na waar die media wag terwyl hy dié gegewe vrou na een of ander fantastiese geleentheid aan die arm lei.

Die ontwerper Zac Posen is nadergetrek om die Swane se kostuums te skep. (Foto: Pari Dukovic/FX Networks)

Capote het sy eie stempel gehad om af te druk. Selfs al het jy nog nooit sy naam gehoor nie, is jy seker bewus van die fliek Breakfast at Tiffany’s waarin Audrey Hepburn die hoofrol vertolk het en wat op die boek met dieselfde titel gegrond is. Capote het ook navorsing gedoen oor die moord op die Cutter-familie wat die samelewing aan die gons gehad het in daardie tyd, en dit het uitgeloop op ’n sensasionele boek genaamd In Cold Blood (1966), wat in 1967 in ’n fliek omskep is.

Naomi Watts as Babe Paley, Chloe Sevigny as C.Z. Guest, Diane Lane as Slim Keith. (Foto: FX Networks)

Die vroue bestuur die huishouding, die familie, die sosiale kalender, dra ontwerpersklere en – soos daar in Feud gewys word – ontvang ontwerpersjuwele as geskenke wat met heelwat mag saamkom. (Foto: FX Networks)

Capote en Harper Lee het jare lank navorsing gedoen rondom die omstandighede wat tot die moord op die Kansas-familie gelei het. Sommige mense is van mening dat Capote joernalistiek met fiksie gemeng het en dat hy te na aan een van die moordenaars gekom het toe hy onderhoude met hulle gevoer het. Die omstandighede rondom sy navorsing is gebruik om in 2005 die fliek Capote, met Philip Seymour Hoffman in die hoofrol, te maak.

Dit is bloot ’n opsomming om te wys waarom ons vandag nog van Capote moet weet. Hy was ’n “beïnvloeder” voordat die woord gewild geword het en het met bekende name in aanraking gekom wat steeds ’n impak op ons vandag het. Die feit dat hy gay was in ’n tyd toe die LGBTQ+-gemeenskap moes wegkruip; sy ma, May Faulk, haarself om die lewe gebring het; hy uiteindelik verslaaf geraak het en sy talent verdrink het terwyl hy ook aan depressie gely het, is van die waarhede wat in Feud: Capote Vs The Swans ondersoek word. Die protagoniste was so sleg vermom dat almal wat dit gelees het, geweet het wie as sy inspirasie gedien het. Die gevolg was dat Capote uit sy vrouekring – die swane – gestoot is en kil behandel is. Dit het ’n groot invloed op hom en hulle gehad. Feud beklemtoon die opbou en die ineenstorting hiervan.

Capote se eiewaan, humeurigheid en sy rasperstem, sal sommige kykers afsit. Die toneelspel is uitstekend. (Foto: FX Networks)

Capote word deur Tom Hollander gespeel – wat nie met Tom Holland van Spiderman-faam verwar moet word nie. Capote se eiewaan, humeurigheid en sy rasperstem, sal sommige kykers afsit. Die toneelspel is uitstekend. Dit is ook heerlik om ’n verskeidenheid van volwasse vroue te sien wat die fokuspunt is, terwyl hulle genuanseerde vertonings lewer. ’n Goeie rede om Feud: Capote vs The Swans te kyk, is dat dit Demi Moore (Ann Woodward), Naomi Watts (Barbara ’Babe’ Paley), Diane Lane (Slim Keith), Chloe Sevigny (C.Z Guest) en Calista Flockhart (Lee Radziwill) om net ’n paar te noem, insluit.

Demi Moore (Foto: Frank Micelotta/PictureGroup for FX Networks)

Naomi Watts (Foto: Kristina Bumphrey/PictureGroup for FX Networks)

Diane Lane (Foto: Frank Micelotta/PictureGroup for FX Networks)

Volg Margaret op Youtube, Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Masters of the Air: Die manne kry dit reg

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

19 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

20 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

20 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

20 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.