kategorieë: Blogs

Verjaardagfokus

Gestel ‘n goeie fee sou nóú langs jou materialiseer en vra: “Wat wil jy die heel graagste vir jou verjaardag hê? Kies enigiets – van ‘n vliegtuig tot ‘n verhouding.” Wat sou jy antwoord (indien jy oor die skok van haar verskyning kon kom?)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek was onlangs by die vroeë vyftigste verjaardagviering van ‘n dierbare vriend. Sy vrou het kamma ‘n kerkfunksie gereël en hy het die vorige aand help tafels dek. Sy het dit so slim beplan dat hy niks vermoed het nie en sy gesig toe hy die volgende oggend op die verrassing afkom, was iets om te aanskou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir party van ons is daar geen kosbaarder verjaardagpresent as dié van ons nabymense se tyd en inspanning nie. Die fokus waarmee hulle iets beplan wat ons regtig sal raak, is al klaar geskenk genoeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat gee jy vir ‘n dame wat haar negentigste verjaardag vier en alles het? Ek het ‘n tannie wat nie meer lees of musiek luister nie, geen tekort aan kniekombersies, handeroom of rooi lipstiffie het nie en tevrede is om die wêreldnuus op TV vanuit haar slaapkamerstoel te volg.

Haar hart se punt is haar “little girl”, ‘n dwergkees, ook al gevorderd in jare en “never more than a touch away”, soos my tannie dit stel. Terwyl sy nie kinders het wie se foto’s sy om haar kan uitstal nie, het ek vir haar ‘n foto van haar hondjie geraam. Sy het die foto aan haar hart gedruk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek wens ek kon ‘n besigheid bedryf waar mense op hul verjaardae hul hartsbegeertes kon gaan haal. ‘n Plek met presies dit wat enkellopendes, oorwerkte huisvroue, moeë veiligheidswagte, bankklerke en kinderoppassers nodig het. En natuurlik elke ander man, vrou en kind.

Wat ék die goeie fee sou vra? Alles … en niks. Hoewel ’n lang lys vooruitsigte en ervarings my opgewonde maak, ontbreek dit my op hierdie geseënde oomblik aan niks. Maar vra my weer as ek 90 haal …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.