kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Verseker jou veiligheid op die pad

As mens na die verkeer rondom jou kyk, sal jy gou sien dat elke tweede motor deur ’n vrou bestuur word – en dikwels is daar kinders wat saam gekarwei word. Motors wat gereeld nagesien word, is oor die algemeen heelwat meer betroubaar as van die vroeër modelle. Maar ons moet ook in gedagte hou dat die wêreld destyds ’n veel veiliger plek was met baie minder voertuie op die paaie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een van die hoofpyne wat ons steeds té gereeld teëkom, is die pyn van ’n ellendige pap wiel (*kyk na die video onder oor hoe om ’n band te ruil). Dit is daarom veral belangrik dat jy motorversekering by ’n maatskappy uitneem wat ’n nooddiens bied sodat jy seker is jy en jou gesin raak nie gestrand sonder hulp nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Hoe om ’n kar se band veilig te ruil

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met die ewige konstruksiewerk in dorpe en stede en die verswakking van paaie en infrastruktuur, is die kans om ’n spyker of skroef raak te ry – of selfs ’n slaggat te tref – groter as ooit tevore. Dit is wanneer jy die gemoedsrus kan geniet wat ’n nooddiens bied, in die wete dat hulp op pad sal wees sodra jy dit nodig het.

Met dekking by ’n betroubare versekeringmaatskappy soos MiWay kan jy verseker wees dat hul tegniese personeel enige ongewone impak op jou voertuig sal opmerk deur middel van ’n opsporingstelsel wat in jou voertuig geïnstalleer word. Met die hulp van jou selfoon se globale posisioneringstelsel (of GPS) sal hulle dadelik weet waar jy jou bevind. GPS is die basis waarop vele toepassings (apps) werk en waarop noodsaaklike tegnologie bedryf word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, stel jou voor dat jy jouself eendag in die noorde van Namibië op die Skedelkus bevind en jou motor ’n pap wiel kry? Gaan jy weet hoe om die band om te ruil?

Die beste raad is om een Saterdagoggend ’n afspraak met ’n vriend (wat weet hoe om ’n band te ruil), te maak en ’n oefenlopie te reël. Parkeer jou voertuig op ’n gelyk stuk pad, maak seker daar is ’n koppie koffie en beskuit en haal die eienaarshandleiding uit. Lees die instruksies en volg dit stap vir stap. Jou vriend sal hand bysit en seker maak jy volg én bemeester die stappe. Dit is in elk geval ’n uitstekende lewensles wat jy eendag vir jou kinders sal kan leer. Selfs al het hulle versekering en die gemoedsrus van dekking deur ’n betroubare maatskappy met ’n knap nooddiens, kan jy hulle wys wie’s baas en wie’s klaas. Lekker oefen!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.