kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Versier jou tuin vir Valentynsdag

Versier jou tuin vir Valentynsdag deur Cobus Smit en Lien Botha. Hierdie artikel het oorspronklik in die Februarie 2012-uitgawe van rooi rose verskyn. Alle foto’s: Lien Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My Valentuin!

Plant plante in die kleur en geur van die liefde en vier Valentynsdag in die tuin. Hier is Cobus Smit en fotograaf Lien Botha se romantiese planne vir hoe jy vanjaar jou liefde buite kan vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Sê dit met ’n roos …

Mnr Tuin SA, Keith Kirsten het met hierdie sensuele Iceberg ‘Burgundy’ vorendag gekom. Die intense wynrooi, amper pers kleur kan kwalik nagedoen word om jou liefdesboodskap oor te dra. Dit
sal met genoeg voeding net so goed in ’n groot genoeg pot as in die grond aard.

2. Met rose besaai …

Nog ’n tuinplan vir Valentynsdag vir diegene wat net balkonne het. Versier ’n fontein in ’n openbare park met rose en gaan eet ’n heerlike ontbyt of drink ’n drankie ná werk en stap “toevallig” daar verby.

3. Waar die hart van vol is …

Hang jou liefde aan die tuinhekkie – moet dit nie onder ’n maatemmer bêre nie. ’n Oudagse tuinhekkie kan maklik dien as die agtergrond vir ’n onvergeetlike romantiese dag. Versier dit met hout-en-metaal-harte. G’n mens sal nie voor so ’n liefdesaanbod swig nie!

Versier jou tuin vir Valentynsdag

4. As ek my vreemde liefde bloot moes lê …

’n Liefdesverklaring in hout op die rand van die grasperk voor ’n welige, vars opgeknapte bedding in die tuin sal enige Valentyn se hart week maak.

Versier jou tuin vir Valentynsdag

5. Vir jou het ek mos lief …

Die mense wat ek liefhet, kom groei op my soos mos – Stephan Bouwer.

Vra ’n blomkunstenaar om ’n hart te maak met sphagnum-mos. ’n Bietjie water elke dag sal dit maande lank groen laat bly. Of plaas bloot ’n mosbegroeide klip in ’n potjie vol grond en hou dit klam. Die regte boodskappie daarby sal die ding doen!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.