kategorieë: WenkeMode

Versorg jou klere só

Watter neigings en materiale is gewild vir Winter 2016?

’n Paar van die definitiewe tendense vir Winter 2016/17 sluit in die Big Easy-tema, Legends en Afrika Koningin. Die Big Easy is ’n trend met ’n eenvoudige, minimale en sagte, ronde benadering en behels gemaklike silhoeëtte wat die paapie-indruk skep, gemeng met materiale soos sybokhaar, angora en kasjmier met sagte handgebreide patroonwerk. Daar is melange-garings, ekstra groot steke, afgesnyde asook langlyf truie en bonkige serpe. Die Afrika Koningin inkorporeer aanskoulike en eksotiese kleure, moderne gedigitaliseerde, tropiese blomme met tekstuur en geborduurde patrone. Metaalafwerkings is geïnspireer deur etniese motiewe terwyl fraaiings, sagte voue en dekoratiewe borduurwerk ook gewild is vir hierdie tendens. Die Legends-trend omvat baie elemente uit die Athleisure-tema, met goud en silwer materiale, bedrukkings, en motiewe wat ’n suiwer styl het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die primêre kenmerk van hierdie trend is beweging – sinoniem aan gemak en sportdrag. Sjiek wit-op-wit, sagte teksture, digte of gladde materiale gaan hand-aan-hand met die styl. As ’n gevolg sien ons ’n voortsetting van die eenvoudige aktiewe drag en sportmodes wat gebruik maak van gaas, rek, Lycra en die Matt-trui.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is Athleisure?

Althleisure is ’n styl waar gemaklike kleredrag ’n moet is. Die items kan as beide oefening en algemene drag gedra word. Dit is ’n samesmelting van mode en sport. Alhoewel Athleisure bekendgestel is as ’n uitbreiding van die Sport Luxe en Sports Core-modes, het die sogenaamde tendens hierdie definisie verfyn om as een van die grootste ontluikende leefstylgebaseerde tendense gevestig te word. Dit word ook beskou as ’n mode wat een van die vinnigste groeiende modes sal wees teen die jaar 2020. Deur die samesmelting van styl met die gerief en funksionaliteit van sportklere, is Athleisure besig om nuwe standaarde te stel vir modes, wat lei tot klere wat die beste van beide wêrelde vier: liggaamsbewus, maar nie beklemmend, elasties, gemaklik, wasbaar en veelsydig, stylvol, maar ook informeel.

In ’n onlangse wêreldwye opname deur P & G Fabric Care wat namens die handelsmerke Ariel en Downy uitgevoer is om die gewildheid van die Athleisure-tendens te bepaal, is die volgende onthul:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Byna drie uit elke vier verbruikers (71%) beskou sport-geïnspireerde klere as deel van hul normale alledaagse drag.
  • Meer as een uit elke vier (27%) beskou leggings as hul mees begunstigde kledingstuk vir allerdaagse drag.
  • Baie verbruikers dra sport-geïnspireerde klere om daaglikse huistake mee uit te voer (56%), te reis (47%), om inkopies tedoen (41%) en selfs wanneer hul uitgaan vir ete (16%).

Waarom raak die instandhouding van ons klere al hoe belangriker?

Daar is verskeie redes  waarom die instandhouding van ons klere nog meer belangrik geword het. Die eerste rede is die gebruik van performance fabrics vir ontwerpersklere wat ’n belangrike innovasie is wat ontwerpers en kleremakers tans implementeer, waarvan min verbruikers weet. Dit word beweer dat klerewinkels sowat 20-65% performance fabrics in hul items het.

Tweedens is verbruikers besig om meer ingelig en bewus te raak aangesien groot ontwerpersname en kleinhandelaars verbruikers inlig oor die volhoubaarheid van klere. Na ontwerper Dame Vivienne se Lente/Somer 2014-vertoning, het sy verbruikers gesmeek om die volgende te doen: “Koop minder. Kies goed. Hou dit vir langer. Kwaliteit, nie kwantiteit nie. Almal koop hopeloos te veel klere.”(Daily Mail. Online. 2014)

Watter materiale benodig spesiale versorging? En waarom?

Dr. Lawrence Rosenblum, kognitiewe sielkundige aan die Universiteit van Kalifornië, ondersoek die kognitiewe wetenskap van klere en die menslike multi-sintuiglike waarnemings op verbruikers se verhouding met klere. 95% van die besluite wat ’n individu neem, is onbewustelik (Zaltman, G. & Joseph, C. 2008). Die kognitiewe wetenskap van klere het ’n multi-sensoriese revolusie geword wat die koppelvlak tussen die materiaal en die liggaam verken. Wat beteken dit vir ons as verbruikers? Dit sal die opkoms en revolusie van sensoriese materiale beteken, wat bestaan uit nuwe, opwindende teksture en materiale wat voorsiening maak vir ’n tasbare toekoms. Met nuwe en slim materiale wat ’n platform bied vir nuwe innoverende strukture en silhoeëtte in klere, is dit belangrik om op ’n volhoubare manier te sorg vir materiale en kledingstukke.

Hoe moet mens sintetiese en hidrofobiese materiale versorg?

Ariel se formules voorsien gevorderde, effektiewe skoonmaak wat onverbeterlike sorg bied vir die jongste natuurlike en sintetiese vesels in Athleisure-drag. Dit word gedoen deur ’n proses bekend as Ariel-veselsuiwering en Ariel-veselbewaring. Hierdie gevorderde Deep Clean Complex maak voorsiening vir wasprosesse teen laer temperature en help om die kleure en materiale  te beskerm, veral elastane, wat baie algemeen onder Athleisure-drag is en neig om maklik te beskadig.

Ariel help ook om die gemaklikheidsgevoel van Athleisure-drag te beskerm deur middel van FibreSCIENCE-tegnologie, wat spesialiseer in die optimalisering van die wasproses om sodoende materiale te beskerm en daai “nuwe” gevoel te behou.

Nicola Cooper

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.