kategorieë: Ouerskap

Versterk só jou konneksie met jou kind

Slaaptyd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Kinders het roetine nodig om saans maklik aan die slaap te raak, en moet veilig en gelief voel om soet te kan slaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Ná die slaaptydstorie vertel ek my kinders wie almal vir hulle lief is: van elkeen in die gesin tot oupas, oumas, tannies, juffrouens, en vriende. Dit neem net ’n minuut of twee en dis te dierbaar wanneer ek ’n naam uitlaat en hulle my herinner wie nóg vir hulle lief is! Ek sluit altyd af met: ‘Dis so maklik om vir jou lief te wees!’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie gewoonte verseker dat my kinders aan die slaap raak met die wete dat hulle gelief is, en dit skep ook op onbewuste vlak die oortuiging dat hulle ‘lovable’ is. Dink net hoe lekker sou dit wees om elke enkele dag seker te voel dat mense vir jou lief is, en dat jy hulle liefde werd is!

*Ek sorg ook dat ek elke aand diep in my kinders se oë kyk wanneer ek vir hulle nagsê. In ons vinnige, tegnologiegedrewe wêreld kan ons met iemand besig wees sonder om werklik kontak te maak. Ware oogkontak bind mense aan mekaar en laat elkeen waardevol voel. Daarom fokus ek op ’n tydlose oomblik van egte verbintenis.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Speel met ’n 8

“Die simbool wat ons vir die syfer 8 gebruik, is ook die ewigheidsteken of ‘infinity sign’ wat geen begin of einde het nie. Ek sien dit as twee sirkels wat aan mekaar verbind is. Vir my verteenwoordig dit die verhouding tussen twee ouers, of tussen ’n ouer en ’n kind. As die verhouding in balans is, vloei die energie maklik van een na die ander.

*Dit het ’n kalmerende uitwerking om hierdie figuur met jou hande in die lug te teken – probeer dit gerus! As my energie min raak, trek ek ‘agts’ om myself, teen my lyf én met my hande uitgestrek, en dit kikker my altyd op.

*As daar ’n argument of stryery was of ’n kind ’n ‘tantrum’ gegooi het en die atmosfeer voel aaklig, trek ek ‘agts’ oral in die kamer. Die kinders help graag hiermee en dit maak ’n merkbare verskil!

*As dinge tussen my en my man nie lekker is nie, teken ek in my gedagtes ‘agts’ in die ruimte tussen ons terwyl ek bewustelik diep asemhaal. Baie keer skuif daar iets tussen ons.

*’n Kalmerende tegniek wat ek in Donna Eden se ‘Energy Medicine’ boek en program geleer het, is om ‘agts’ oor die boonste deel van my, my kinders of iemand anders se borsarea te trek. Ek het nog niemand teëgekom wat nie hiervan hou nie.”

Teken hier in op Stephanie se blog.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

14 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

17 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

18 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.