Die gebou waar ek werk, het ‘n make-over gekry. Ek verlustig my in die oop ruimtes, verbeeldingryke teëlpatrone, baldadige oranje en rooi aksente en veral in die wit lessenaar waarby ek sit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek het net een probleem. Die lang spieël in die nuwe badkamer is lelik met my. Ek kan sweer hy maak my met opset korter en breër. Elke keer wonder ek: is dit ‘n optiese illusie, of lyk ek deesdae so? (Enige vrou sal jou kan sê dáárdie gedagtegang is in wese Onaangenaam en lei na die Oorweging van Onplesierige Opsies soos meer oefen/minder eet/’n verbete soeke na klere wat ‘korter en breër’ kamoefleer.)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Is dit moontlik dat ‘n fabriek in 2014 ‘n spieël kan vervaardig wat nie reg weerkaats nie? Of is my ouer spieëls by die huis foutief? Watter spieël moet ek nou eintlik glo? En wie sê die spieëls in klerewinkels se aanpaskamertjies is nie gedokter om vroue langer en skraler te laat lyk nie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }O genade. Dit begin nou klink na een van daardie samesweringsteorieë.
Die ergste is dat, afgesien van sekere spieëls, my waarnemingsvermoë moontlik ook aangetas is. Almal weet mense met dieetsiektes sien hulself as baie vetter as wat hulle is, en mense wat verlief is, dink weer hulle is pragtig. Natuurlik weens die kalfsogies waarmee hul geliefde hulle aankyk. Dis dus nie wys om op jou eie twee oë staat te maak nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Nee wat, ek gee op.
Ek gaan my voortaan min aan énige spieël steur. Met onverstoorbare kalmte gaan ek my beeld in winkelvensters, wieldoppe en die spieël in die badkamer by die werk betrag.
En as ek weer by die tandarts kom, sluk ek daai klein spieëltjie sommer in.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.