KROTOA is reeds deur ses internasionale filmfeeste uitgekies waaronder die internasionale filmfees vir omgewing, gesondheid en kultuur; die wêreld-filmtoekennings se fees; die Artemis vroue in aksie-filmfees en die Nashville-filmfees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die film het sewe gesogte toekennings gewen insluitend ’n toekenning vir uitnemendheid by die internasionale filmfees vir vroue, sosiale aspekte en zero diskriminasie, ’n beste vertoning-toekenning by die Depth Of Field internasionale filmfees, ’n platinum-toekenning by die internasionale filmtoekennings, ’n diamant-toekenning by die wêreldfees vir filmmakers en ’n beste vertoning-toekenning by die The IndieFEST-filmtoekennings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Vroue word dikwels in films as broos en kwesbaar uitgebeeld en soms word daar nie aandag gegee aan die impak wat hulle op ons land se geskiedenis gehad het nie. KROTOA is een van die vroue wie se impak dikwels vergeet word. Die film oor hierdie sterk vrou word in vrouemaand vrygestel om haar nagedagtenis te vier.
Die fliek is geïnspireer deur historiese feite en vertel die verhaal van ’n elfjarige meisie wat uit haar Khoi-stam verwyder word om Jan van Riebeeck (gespeel deur Armand Aucamp), haar oom se handelsvennoot, te dien. Sy word in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie in die eerste vesting gevestig. Sy het mettertyd ’n visioenêre jong vrou geword wat die Nederlandse taal en kultuur so goed geken het dat sy ’n invloedryke tolk vir Van Riebeeck geword het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
KROTOA se karakter word vertolk deur Crystal Donna Roberts en die kyker word meegesleur deur die verhaal van die vrou wat uiteindelik deur haar eie Khoi-mense verwerp is en vernietig is deur die Hollanders in haar poging om ’n middeweg tussen die twee kulture te probeer vind.
KROTOA, geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, is geskep deur ’n dinamiese span vroue, met die bekende rolprentvervaardiger Roberta Durrant as regisseur en vervaardiger.
Dit is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, die NFVF en die DTI.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.