kategorieë: FiksheidGesondheid

Vier maniere waarop tegnologie jou kan help om meer te oefen

Vier maniere waarop tegnologie jou kan help om meer te oefen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr Craig Nossel, hoof van Vitality Wellness, glo die sleutel tot ’n verbetering in ons gesondheid en dié van ons gesinne lê in ’n duideliker begrip van hoe en hoekom mense sekere besluite neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Om ’n omgewing te skep wat meer bevorderlik is vir ’n gesonder leefstyl, moet ons begin deur menslike gedrag baie beter te verstaan,” sê hy. “’n Duideliker begrip van die sielkunde agter ons besluitneming sal ons help om aansporings en strukture daar te stel wat ons gesondheidsverwante gedrag verbeter.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tegnologiese voortuitgang, tesame met kunsmatige intelligensie, kan baie daartoe bydra om ons begrip van gesondheid te verbeter. Hoe ons aktief raak, word tans deur die volgende vier tegnologiese neigings beïnvloed:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Fikspirasie deur sosiale media

Oefening in ’n groep om individue se motivering ’n hupstoot te gee, is niks nuuts nie. Maar danksy sosiale media is daar so baie nuwe maniere waarop mense interaktief met mekaar aktief kan raak.

Daar is alles van aanlyngemeenskappe en uitdagings op Facebook tot raad oor oefening deur fiksheidsdeskundiges op Instagram en YouTube. Danksy sosiale media kan mense nou op ’n heeltemal nuwe manier gemotiveerd raak en in verbinding bly.

2 Drabare tegnologie

Dit is geen verrassing dat drabare tegnologie die top drie plekke beklee op die American College of Sports Medicine se lys globale fiksheidsneigings die afgelope drie jaar nie. Of dit nou ’n hartklopmonitor, treëteller of Apple Watch is, fiksheidstoestelle word elke dag aan meer en meer mense se arms gewaar. Drabare tegnologie het aan mense ongeëwenaarde beheer oor hul persoonlike gesondheid en fiksheid gegee.

Dr Carol Austin, hoof van prestasieondersteuning vir Team Dimension Data, verduidelik hoe drabare tegnologie hul span se vermoëns verbeter het. “Team Dimension Data for Qhubeka is die eerste Afrika-fietsryspan wat aan die Tour de France deelgeneem het, en ons kon dit nie sonder tegnologie gedoen het nie. Die fietsryers het toestelle aan hul fietse, en daarbenewens voltooi hulle ook elke dag ’n elektroniese vraelys wat ’n magdom welstandsinligting vaslê, soos slaappatrone, gemoedstoestand, energievlakke en beserings. Dit stel ons in staat om elke fietsryer se vordering meer doeltreffend te volg.”

3 Oefening waarin jy verdiep kan raak

Waar wil jy vandag oefen? Miskien wil jy die Tour de France-roete ry. Of wat daarvan om op ’n afgesonderde bergpaadjie te draf? Verskeie oefenateljees, -kontroleskerms en -toepassings beloof nou om jou oefening na die volgende vlak te neem met behulp van roetes in virtuele realiteit, omringklank, ateljeeskerms wat om jou vou en geïntegreerde beeldskerms. In Engels is daar selfs ’n naam hiervoor: exertainment. Maar dit gaan nie net daaroor om jou te vermaak nie. ZWIFT, byvoorbeeld, moedig mededinging aan deur ’n ranglys te vertoon met elke fietsryer se intydse statistieke tydens fietsrysessies.

4 Gesondheids- en fiksheidstoepassings

Daar is ’n toepassing vir elke aspek van fiksheid: van treëtellers en hartklopmonitors tot oefendagboeke en -gidse. Volgens ’n studie wat in 2015 in die Journal of Medical Internet Research gepubliseer is, moedig toepassings vir oefening mense aan om heelwat aktiewer te word.

’n Goeie voorbeeld hiervan is Discovery se Vitality Active Rewards-program, ’n toepassing vir slimfone wat ontwerp is om Vitality lede aan te spoor om hul aktiwiteitsvlakke te verhoog. Dit word gedoen deur elke week persoonlike doelwitte vir fisieke aktiwiteit te stel, en gebruikers dan te beloon as hulle die doelwitte bereik.

Gebruikers wat hul weeklikse doelwit bereik, kwalifiseer vir ’n reeks belonings: van vrugteskommels en koffies tot gesubsidieerde gimlidmaatskap en korting op vlugte, hardloopskoene en fiksheidsmoniteringstoestelle.

Meer mense raak meer dikwels aan die beweeg

“Die Vitality-program het ons gehelp om die rol van tegnologie, data en gedragsekonomie te verstaan wanneer dit by ’n verandering in gesondheidsgedrag kom,” sê Nossel. “Die Vitality Active Rewards-voordeel, wat in 2015 bekendgestel is, het fisieke aktiwiteit met byna 30% verhoog.”

“Dit is noemenswaardig dat hierdie gedrag deur ons lede volgehou is. Ons het bevind dat die frekwensie van lede se fisieke aktiwiteit ná ’n jaar verdubbel het – selfs in ouer volwassenes met leefstylverwante chroniese siektes. Dit stem ooreen met ’n 16%-verlaging in die risiko van siekteprogressie vir mense met diabetes, en ’n 14%-daling in algehele gesondheidsorgkoste.”

Lede van die program het nie net ’n toename getoon in hoe gereeld hulle oefen nie, maar ook in die intensiteit waarteen hulle oefen.

Alle Suid-Afrikaners kan tot die einde van November die krag van Vitality Active Rewards ervaar deur middel van die Vitality Open. Deur bloot die Discovery-toepassing af te laai, en dan te oefen en goed te bestuur om belonings te verdien, kan die algemene publiek pryse wen soos koffies, vlugte, kruidenierswarebewyse, brandstof en konsertkaartjies – vir ’n leeftyd.

Die doelwit? ’n Samelewing wat holisties gesonder is.

Die resultate is ook verreikend. Daar is wêreldwyd 5 miljoen mense wat aan Vitality Active Rewards deelneem. Hierdie lede het tot dusver ongeveer 14 miljoen weeklikse belonings verdien – insluitende meer as R7 miljoen in skenkings aan liefdadigheid deur MoveToGive. Die program het 108 miljoen gebeurtenisse met betrekking tot fiksheid aangeteken.

“Tegnologie is besig om die manier waarop ons beweeg te hervorm,” sê Nossel. “Deur fiksheidstoestelle met groot data te kombineer, kry ons ’n beter begrip van menslike gedrag op ’n gedetailleerde vlak. Ons hoop dat ons hierdie kennis kan gebruik om positiewe gesondheidsuitkomste te fasiliteer en ’n samelewing te bou wat op ’n holistiese manier gesonder is.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.