kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vier wenke om rekmerke te verminder

Die normale, gesonde siening van rekmerke is dat dit deel is van jou lewensreis, sê Maropeng Ralenala, kliniese sielkundige van Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Rekmerke is tekenend van twee noodsaaklike fases in jou lewe – die intrede tot vrouwees tydens die tienerjare, en moederskap.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar wat as jy nie wil vrede maak daarmee nie? Kan jy keer dat jy tydens swangerskap rekmerke ontwikkel ? Of keer dat jou dogter tydens haar puberteit skielik met rekmerke sit? Jy kan probeer, sê dr. Ayesha Moolla, Kaapse dermatoloog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Maar daar is nie waarborge nie. Jou gene bepaal waarskynlik hoe maklik jy of jou dogter rekmerke kry.”

Daar is twee benaderings om rekmerke weg te toor. Jy kan keer dat jy dit ontwikkel óf as dit reeds daar is, kan jy dit probeer ligter maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die beste twee wenke om rekmerke te voorkom

1. Masseer die areas wat heel moontlik aangetas kan word daagliks met olies en rome
Vir tieners is dit die bors-area, heupe en bobene. Swanger vroue moet fokus op die buik, bobene en borste. Sukses is egter wisselvallig, sê Ayesha.

“Dit lyk asof ferm, gereelde massering met ’n olie of room by baie mense die vel meer soepel maak, maar jy kan nie jou tiener beloof dat sy geen rekmerke sal kry nie, want dit help vir party glad nie. Aan die ander kant is dit al tegniek tot ons beskikking om die vel te rek. Dit maak dus sin dat swanger vroue en jong tieners wat skielik begin groei, elke aand die vel met olie masseer.”

2. Tel stadig gewig op
Dit is normaal en gesond dat jou gewig tydens puberteit en swangerskap opskuif. Dit beteken nie dat jy vet word nie, maar wel dat jy (of jou baba) groei. Hou dop sodat jy geleidelik gewig aansit. Dit gee die vel meer tyd om geleidelik te rek.

Die beste drie terapieë om rekmerke te verminder

Die terapieë sal nie rekmerke voorkom of heeltemal verwyder nie maar hulle kan dalk jou merke ligter en amper onopvallend maak.

1. Retinoïede en tretinoïen (aknee-medikasie)
Moet gebruik word terwyl die merke nog vars en rooi-pers is. Maar dit is teratogenies (veroorsaak geboorte-afwykings) en nie geskik vir swanger vroue of vroue wat beplan om binne die volgende ses maande swanger te raak nie. Jy móét ’n velspesialis raadpleeg aangesien dit nie vir almal geskik is nie.

2. Laserterapie
Ook nie geskik vir swanger vroue óf vir alle velsoorte nie. Kry raad by ’n betroubare laserkliniek.

3. Velafskilfering met AHA’s en soortgelyke middels
Geskik vir swanger vroue. Laat dit professioneel by ’n skoonheidskliniek doen.

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou bra’s ’n langer lewe het

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.