kategorieë: Ons menseBekendes

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse kykNET-sepie Villa Rosa, is nou in Suidooster as Lisa van Staden te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lisa beland in Ruiterbosch (die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel) as ’n sakevrou. Sy’s ’n mediese verteenwoordiger vir ‘n farmaseutiese maatskappy wat probeer om hul produkte op die apteek in Ruiterbosch en se rakke te kry. Maar dis nie die enigste rede nie… Buiten die feit dat Aiden (Theo Jantjies) halsoorkop vir Lisa val, gaan die poppe dans…

Lees ook: Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het ’n sterk persoonlikheid, sy’s vreesloos en sy sal berge versit vir die mense vir wie sy lief is. Lisa is doelgerig in haar lewe en kan manipulerend wees as sy voel dis nodig om daardie einddoel te bereik. Verder is Lisa baie bang vir verwerping en ek dink sy sal enigiets doen om dit te vermy.

Dis soos fietsry en ek bedoel nie [dis] maklik nie! Gaan klim maar na jare op ’n fiets . . . dit is moeiliker as wat ’n mens dink en dit vat so ’n oomblik voor jy weer jou balans kry en jou selfvertroue vind.

Die eerste twee dae op stel was lekker moeilik. Die vlinders in my maag was heeltemal buite beheer en ek het gesukkel om my balans te hou. Maar gelukkig, vanaf dag 3 op stel het ek, voel ek, my balans gevind. En ek het elke oomblik geniet!

Ek hou van die spoed. Hoe meer tonele per dag, hoe beter. Dis vir my ’n lekker uitdaging. Mens hoef ook nooit te wag vir die wolke om weg te gaan of die vliegtuig om eers verby te kom nie. So, dis lekker!

Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Ja, dit sal altyd baie na aan my hart bly. Ons was ’n gehegte groep mense en van ons is vandag nog deel van mekaar se lewens, al is dit net om memes vir mekaar op Instagram te stuur.

My gunsteling-herinnering is ons groepstonele waar jou klere te styf sit en jou skoene druk en almal wil huis toe gaan, maar ons is vol grappies dat ons sukkel om te fokus en die regisseurs ongeduldig raak . . . Ek dink die onderdrukte lag dat die trane loop want ons is in die moeilikheid. Dit sal ek altyd na aan die hart hou.

Ja, Villa Rosa het my ’n voet in die deur gegee. Dit het my kans gegee om bietjie op die rooi tapyt te loop, saam met mense te werk wat ek van kindsdae af admireer.

Rubin word in Oktober vier en my dogtertjie – haar naam is Milan – sy’s nou een jaar oud.

Ek dink wanneer ’n mens ma word, verander jou lewe soveel meer as wat jy ooit sou dink. Dis die moeilikste en belangrikste rol van my lewe waar jy elke dag ge-challenge word. Ek het nie ’n gym nodig nie, nie met ’n vierjarige seuntjie nie.

Wat ek die meeste daarvan geniet is die feit dat ek nie meer die belangrikste mens in my lewe is nie en daarom maak mens jouself los van kleinighede wat jou dalk in die verlede gepla het.

Ja, om ’n klein mensie te hê wat vir jou kyk en vir jou glimlag en jou ‘Mamma’ noem, en jy weet dis joune . . . dis iets onbeskryflik groot en hulle leer jou rêrig wat onvoorwaardelike liefde is.

Suidooster saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & kie uit. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Carmen Maarman oor die nuwe telenovelle, Skemergrond

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.