Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 125 ml (½ k) olyfolie + ekstra om oor te sprinkel
- 250 g (1 houer) kersietamaties met stingels
- 400 g fettuccini-pasta
- fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
- 125 ml (½ k) fyn parmesaan
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- hand vol pietersielie, gekapte
- 100 g (1 pakkie) kalamata-olywe
- 2 x 170 g-blikkies fyn tuna, gedreineer
- hand vol basieliekruid
Metode
- Maak ‘n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ‘n knypie sout. Bring tot kookpunt.
- Sprinkel olyfolie oor die kersietamaties en rooster onder die oondelement tot die skilletjies begin oopbars. Haal uit en hou eenkant.
- Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak.
- Meng solank die suurlemoenskil en -sap, parmesaan, knoffel en pietersielie.
- Dreineer die pasta en meng die suurlemoensous, olywe, geroosterde tamaties en tuna deur die warm pasta.
- Strooi basiliekruidblare oor en bedien dadelik.
