kategorieë: Kalender

Vintage Idees Mark 2017

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vintage Idees word aangebied by die elegante Simondium’s Country Lodge en vier alles  wat vintage is, met ’n addisionele toevoeging van speelse ‘retro-sjiek’.  Internasionaal is die vintage tendens steeds witwarm en die retro neiging se toenemende gewildheid herroep die glorie van die 70’s en 80’s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy gaan beslis jou naweek opkikker met ’n besoek aan dié unieke mark waar markgangers hulle gaan verlustig in die wye verskeidenheid vintage en retro dekoritems, klere, juweliersware, glas- en silwerware, kombuisbykomstighede, interessante fokusitems vir die tuin en selfs kosbare antieke stukke. En kos? Ja natuurli! Die Deli neem ook ’n tree terug in tyd en sal heerlike tuisgemaakte lekkernye en peuselgoed aanbied om die koskas vol te hou. Benewens die fantastiese kos, is daar ook wyn en musiek vir ekstra naweekpret.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So, kom en tintel al jou sintuie vir ’n lekkerloop terug in tyd!

*Simondium’s Country Lodge is geleë langs die R45 tussen Paarl en Franschhoek en is maklik toeganglik vanaf Kaapstad en Stellenbosch.  Die Vintage Idees Mark is oop van 09h30 to 16h00 op Donderdag tot Sondag en tot 15h00 op Maandag, 1 Mei 2017.  Kaartjies kos R30 per volwassene, terwyl kinders onder 18 gratis toegang geniet.  Parkering en sekuriteit is beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting, besoek www.vintageideas.co.za of skakel 021 874 1046.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.