kategorieë: Blogs

Vir Afrika, met liefde

Ons droom al maande lank saam daaroor. Dié vakansie. ’n Wegbreekkans vir ons drie. En, al kan Pa nie saam nie, droom ook hy ywerig oor ons uitspankans aan die ooskus van Afrika. Ons gaan Kenia toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek was veertien toe Meryl Streep en Robert Redford sáám in flieklegende Sydney Pollack se Out of Africa verskyn het. Dis die storie van die ongetroude Karen Dinesen (gespeel deur Streep) wat haar goeie vriend Baron Bror von Blixen-Finecke vra om gerieflikheidshalwe met haar te trou. Hulle trek Oos-Afrika toe, waar dinge nie heeltemal uitwerk soos Karen dit beplan het nie. En dan ontmoet sy vir Denys Finch Hatton (gespeel deur Redford). . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ’n storie oor die liefde wat jou vir res van jou lewe bybly. En as jy veertien is, sien jy jouself later, soos Karen en Denys, op ’n piekniekkombers in Afrika se wuiwende lang gras, daar aan die voet van die Ngong Heuwels. Boonop het dit op veertien ’n saadjie in my selfstandige kop geplant: ’n vrou kan nie net ’n man vra om te trou nie, sy het ’n magiese krag oor die spesie. Dis baie meer as net die storie van Adam en Eva. Hierdie wese wat ek is, is innerlik sterk, kan baklei as sy moet, maar het die vermoë om haarself met oorgawe in die liefde te stort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kaartjies is maande terug al gekoop. Ek pak die tasse in my kop, weet presies wat moet in en wat moet bly.

Ons tel die dae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe kom die nuus: die Suid-Afrikaanse regering besluit Keniane het visums nodig om ons land in te kom. ’n Week later sê Kenia: julle daar aan die suidpunt van Afrika, kry jul visums reg as julle vir ons wil kom kuier. Ons begin die reël volgende week toepas. En, jy moet in persoon in Pretoria verskyn om toegang tot hierdie belangrike dokument te verseker. Maar, vrou van Afrika, ons kan nie vir jou waarborg jou visums sal betyds reg wees om te vlieg op die dag van jou kaartjiebespreking nie.

Die wese wat ek is, is innerlik sterk, kan baklei as sy moet . . .

Ek oorweeg my opsies en sien net een uitweg: land in vóór die nuwe visumreëls afgedwing word. Die Ngong Heuwels en Afrika se wuiwende lang gras roep. Dit kos ’n kaartjie New York toe se prys om ons vlugtye aan te pas, maar dis steeds goedkoper as nog vlugte vir drie om in Pretoria te kom. Ons gaan Kenia toe.

Vier dae voor ons vlieg kom die nuus, al die pad van Oos-Afrika af. Kenia het besluit die nuwe visumreëls sal nou eers vanaf 1 September 2014 geld, en nie meer 1 Julie nie. Ek haal diep asem.

Die wese wat ek is, is innerlik sterk, kan baklei as sy moet . . .

Ek is weer veertien, alleen in die boiskoop op Worcester, my Bolandse grootworddorp. Ek sien Meryl Streep se gesig as sy en Karen Afrika probeer tem. Hoe hierdie vroue oorgee aan die lewe, en die liefde.

Hierdie wese wat ek is, is innerlik sterk, kan baklei as sy moet, maar het die vermoë om haarself met oorgawe in die liefde te stort.

Ek doen presies dit. Gee oor. Vir Afrika, met liefde. Want ons gaan Kenia toe.

Tot volgende week, as ek sit aan die voet van die Ngong Heuwels.

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.