kategorieë: Kos

Vis in krakerige bierbeslag

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 200 g koekmeel
  • 2,5 ml (½ t) borrie
  • 10 ml (2 t) vinkelsaadjies, liggies gerooster
  • 15 ml (1 e) Kaaps Maleise kerriepoeier
  • 10 ml (2 t) seesout
  • 350 ml koue bier
  • 500 g stokvismootjies of filette sonder vel
  • 500 ml (2 k) canola-olie vir diepbraai

Metode

Die beslag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  1. Gooi die meeste van die bier by die meel, speserye en sout terwyl jy deurentyd met ’n draadklitser meng.
  2. Die beslag moet soos dik room lyk, anders moet jy nog ’n bietjie bier byvoeg.
  3. Dis nie nodig om al die klonte uit te klop nie, dié bak lekker krakerig in die olie.
  4. Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol.
  5. Braai ’n stukkie brood in die olie en as dit vinnig goudkleurig word, is die olie warm genoeg.
  6. Doop die vis in die beslag, laat die meeste afdrup en braai twee-twee tot goudkleurig, draai eenkeer om.
  7. Skep uit en dreineer op handdoekpapier.
  8. Sit voor saam met oondgebakte aartappelskyfies.

* Jy kan die speserye weglaat as jy ’n gewone beslag verkies.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.