Die beslag * Jy kan die speserye weglaat as jy ’n gewone beslag verkies.Vis in krakerige bierbeslag
Ingredients
Instructions
1 Gooi die meeste van die bier by die meel, speserye en sout terwyl jy deurentyd met ’n draadklitser meng.
2 Die beslag moet soos dik room lyk, anders moet jy nog ’n bietjie bier byvoeg.
3 Dis nie nodig om al die klonte uit te klop nie, dié bak lekker krakerig in die olie.
4 Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol.
5 Braai ’n stukkie brood in die olie en as dit vinnig goudkleurig word, is die olie warm genoeg.
6 Doop die vis in die beslag, laat die meeste afdrup en braai twee-twee tot goudkleurig, draai eenkeer om.
7 Skep uit en dreineer op handdoekpapier.
8 Sit voor saam met oondgebakte aartappelskyfies.