kategorieë: Blogs

Voetjie voetjie

Oukei, dis my sterreteken se skuld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Van die sterretekens dra ek nie veel kennis nie, maar ek hét gelees dat ons Visse altyd een of ander fassinasie met voete het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is ook geen Imelda de Marcos (daar gee ek al weer my ouderdom weg) wat swymel wanneer ek ‘n sexy paar skoene sien nie; voete is egter ‘n ander saak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voete is ongelooflik. Hulle sê soveel. As jy, soos ek, die tyd in toue verwyl deur na mense se voete te staar, sal jy weet hulle praat ‘n onmiskenbare taal. Hulle sê: “Ons is aards en prakties.” Of: “Ons verlustig ons in elke dralende, sensuele oomblik.” Of: “Ons stel die hoogste standaarde aan ons eienaar, en aan jou ook!”

Ek was so gelukkig om vroeg in die nuwe millennium ‘n vrou raak te loop wat emosionele kwessies op voete kon lees. Sy het haar eie terapievorm, Footology™, ontwikkel, en ek en ander Footologists het dit by haar geleer. Sy is lankal nie meer met ons nie, maar die magic van haar insigte bly vars. Saam met oopkopkliënte het ek die spoor van kleintydverwondings, verhoudingskwessies, verborge begeertes, onontginde talente en ander openbarings gevat. Dis altyd ‘n gesamentlike poging en ons staan altyd op heilige grond. Soos Carolyn Myss dit stel: “Our biography becomes our biology.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat ek steeds nie verstaan nie, is dat babavoetjies tekens van allerlei kwessies dra. Is hulle voorgeslagte se issues al klaar op hulle ingeprent? Of is hulle reeds in die baarmoeder aan die problematiek van die lewe blootgestel?

Wat ek wel weet, is hoe ontvanklik voete vir liefdevolle aanraking is. Masseer jy saans jou voete ‘n rukkie lank met handeroom, met sagte mymeringe in jou hart? Nie?

Kry dadelik iemand om dit te doen. Verkieslik ‘n geliefde. Gesondheid begin op voetsoolvlak en wie weet, dit word dalk net ‘n drukpunt-ontdekkingsreis wat ‘n ster of twee laat verskiet.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.