Volledige koslys vir die Alzheimer MIND-dieet

Die Alzheimer MIND-dieet het die voorkoms van Alzheimersiekte met 53% verminder onder ’n groep van 923 mense wat dit vir net meer as vier jaar gevolg het. En selfs meer verrassend: hul breinflinkheid het so verbeter dat hulle as 7.5 jaar jonger getoets het, teenoor hul ouderdom toe hulle begin het daarmee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Blykbaar is dit ook nooit te laat om met die Alzheimer MIND-dieet te begin nie, aangesien die deelnemers van 58 tot 98 jaar oud was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nota: Die dieet kan nie waarborg dat jy nooit Alzheimersiekte sal kry nie. Dit verminder net jou kanse, in vergelyking met mense wat die normale Westerse leefwyse van baie kitskos, baie transvette, baie gebraaide kos en te min groente volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe werk die Alzheimer MIND-dieet?

In beginsel kombineer die Alzheimer MIND-dieet die DASH-dieet en die Mediterreense dieet. Die Alzheimer MIND-dieet voeg egter tien kositems by, en sluit vyf uit. Uiteenlopende ondersoeke, in van muise tot mense, het elkeen van hierdie items aan breingesondheid gekoppel. Hulle word egter nie noodwendig in die DASH en Mediterreense diëte ingesluit of uitgesluit nie. Die Alzheimer MIND-dieet is dus ’n potensiële verbetering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Teorie is een saak, sukses daarmee ’n ander. Maar hierdie een werk, soos dr. Martha Clare Morris van die Rush University Medical Center in Chicago se ondersoek bevestig het.

MIND is die afkorting vir Mediterranean-Dash Intervention for Neuro-degenerative Delay. Op die oomblik is dit die beste – eintlik enigste – benadering waardeur ons onsself teen Alzheimersiekte kan beskerm.

Wat moet jy eet as jy die Alzheimer MIND-dieet wil volg?

Dit is baie maklik. Sorg net dat jy hierdie tien soorte kosse – en genoeg daarvan – by jou dieet insluit.

  • Drie of meer porsies graan per dag: Dink aan ontbytpap (hawermout, Lifegain, All Bran, Weet-Bix); volgraanbrood, wilderys of volgraan pasta.
  • Een of meer porsies groen blaargroente per dag: Die lys is lank: spinasie, babaspinasie, roketblare, botterslaai, gewone slaai, chard, kale, water cress, kool, blomkool, brusselse spruite, bok choi, andyvie, sigorei. Gebruik bykomend as kruie ook vars koljanderblare, basilie, vinkel, seldery en pietersielie.
  • Een of meer ander groente per dag: Die maklikste is tamaties, wortels en enige soort pampoen soos skorsies, botterskorsies en murgpampoen.
  • Olyfolie: Gebruik dit as jou basiese olie vir kosmaak.
  • Tot een eetlepel (12 ml) botter of margarien per dag.
  • Vyf of meer porsies neute per week: Kry maar elke dag ’n handjievol neute. Tien amandels, okkerneute, pekans en so aan tel as ’n porsie.
  • Drie of meer porsies groenboontjies per week: Dit kom neer op groenbone elke tweede dag … en die een waarvan ons sekerlik te min inkry.
  • Twee of meer porsies bessies per week: Dink aan aarbeie, brame en bloubessies.
  • Een of meer porsies vis per week: Enige vis tel maar vet vis soos makriel, sardiens en snoek is beter.
  • Twee of meer porsies hoender per week: Meer hoender en minder rooivleis …

Watter kosse moet jy beperk?

Die Alzheimer MIND-dieet sluit items en kookmetodes uit met bewese nadele vir die brein. Maar daar is regtig min beperkings – net hierdie paar:

  • Vier of minder porsies rooi vleis per week: Met ander woorde rooivleis elke tweede dag. Dit sluit biltong, vark, skaap, bees en volstruis in.
  • Een porsie of minder kaas per week: Die Mediterreense dieet beperk gewoonlik nie kaas nie, maar die MIND/Alzheimer-dieet wel.
  • Vyf of minder porsies soetgoed en koeldrank per week: Dit is een van die grootste swakplekke in die Westerse dieet. Nogtans kan jy amper elke dag ’n snoepdingetjie geniet.
  • Een of minder porsies kitskos of kos in olie of botter gebraai per week: Nog ’n algemene probleem in die Westerse dieet.
  • Een drankie of minder per dag: Drank is opsioneel. Onthou dat jy nie kan ‘opspaar’ en twee, drie naweeksdae kan drink nie.

Wat kan jy gebruik soos jy wil?

Gebruik hier jou goeie oordeel. Die Alzheimer MIND-dieet stel geen riglyne hieroor voor nie maar dit beteken ook nie dat jy abnormaal baie daarvan kan of moet gebruik nie.

Jy kan dit selfs beperk, veral as jy gewig wil verloor.

  • Melkprodukte: Jy kan melk, jogurt, maaskaas en room gebruik (kaas en botter word beperk.)
  • Styselgroente: Daar is nie riglyne oor artappels, patats, mielies, rys en ander styselgroentes nie.
  • Vrugte: Vrugte word nie beperk of aanbeveel nie.
  • Eiers: Daar is geen riglyne wat eiers beperk nie.

Lees ook: Laktose-intolerant? Hoekom kefir vir jou sal werk

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.