kategorieë: Leefstyl

Volvo V40

Kombineer perfekte weer op Knysna met ‘n rit in die splinternuwe Volvo V40 deur hierdie prentjiemooi gebied, en dis maklik om die lewe deur rooskleurige lense te beskou. En dan is hierdie nuwe Sweedse perdjie boonop iets om te begeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Rondom jou ontwerp” – noem die Volvo-span die dryfveer agter die ontwerp van die sportiewe luikrug en ons is nie teleurgesteld nie. Die binneruim koester jou met luukse afwerkings en die bonus is die gevorderde veiligheidstelsels. Ek moet beken dat ek ‘n swakte vir Volvo’s het. Ek reken dat as ek een kans in ‘n ongeluk het, ek graag in die veilig moontlikste voertuig wil wees. En dit gee die Volvo V40 jou beslis. Volvo noem dit hul mees intelligentste en veiligste voertuig tot op hede en die vyf sterre in die Euro NCAP-botsingtoets bewys dit. Boonop is dit die beste resultate wat nog ooit deur die instituut verkry is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kies uit ‘n magdom modelle, met petrol- en dieselenjins. Pryse wissel vanaf R281,200 vir die T3 handrat Essential tot R397,100 vir die T5 Geartronic R-ontwerp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.