kategorieë: Dieet

Dieet-uitdaging: Week 6

Dieet: Slender Wonder by Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek begin altyd om oor my naweek te gesels want ons almal weet mos maar hoe moeilik dit is om oor naweke nee te sê vir al die lekker goedjies en bederfies! Om nie voor die televisie te lê met ’n pak aartappelskyfies en om nie ’n lekker sjokoladestafie te verorber saam met Sondagaand se M-net fliek nie, is nogal ’n aanpassing. Wat ek amper die meeste mis, is om op ’n Saterdagoggend vir ’n lekker ontbyt te gaan saam met manlief of ’n vriendin. Ek mag net 2 etes per dag eet en die 3de ete is die shake.

Eintlik was hierdie naweek sover nog my beste een want daar was geen versoekings nie – net ’n lekker rustige naweek. Soms is dit net soveel moeiliker om “reg” te eet as jy sosiaal verkeer of saam met ander mense is, maar dit beteken ook nie dat jy jouself moet toesluit in die huis nie. Dit gaan mos maar alles oor die REGTE BESLUITE. As ’n mens net jou denkwyse kan verander en probeer om die regte besluit in ’n spesifieke situasie te neem, het jy alreeds “gewen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die week het met ’n spoed begin en eet was laaste op my lysie van dinge om te doen. Dis die een goeie ding van besig wees by die werk, dit hou jou gedagtes weg van dink aan allerhande kos! Met die dat ek met die vorige weeg bietjie teleurgesteld was, was dit asof ek my sokkies outomaties opgetrek het! So, dalk was dit ’n goeie ding – net om my kop weer reg te kry en seker te maak dat ek presies reg eet en geen “happies” neem nie.

In die winter is ’n soet lemoen darem lekker en ek moet sê dat ek dit regtig geniet (veral die lekker soet lemoene wat my sussie al die pad van Clanwilliam af gebring het). In my kop het ek besluit dis amper so lekker soos ’n sjokolade, en ek glo dit nou al amper!

Ek het nog nie tyd gehad om van Bon Appetit Meals se Slender Wonder maaltye te bestel nie, maar wil dit definitief volgende week probeer en sal dan alles vertel. Ek het wel van die etes by ’n vriendin gesien en dit lyk heerlik (vir ’n dieet natuurlik). Die beste van alles is dat jy vir jou man en kinders van die ander maaltye kan bestel en vir jouself die Slender Wonder maaltyd. So, al is dit net vir 1 of 2 aande per week, is dit ten minste die 1 of 2 aande wat jy nie vir almal in die huis lekker kos hoef te maak (wat jy NIE MAG EET NIE), en dan eers tyd kry vir jou eie kos nie. Dit is mos maar die een slegte ding van op ’n dieet wees – waar jy geen olie of suiker mag gebruik nie en jou kos moet weeg. Jou familie kan of wil nie regtig saam eet nie en jy eindig op om 2 verskillende maaltye te maak. Op die ou end is dit darem alles die moeite werd.

Ek raak nou al opgewonde oor weeg want dis ’n uitdaging en die beloning is om die dag as jy geweeg het, vir almal te laat weet hoeveel jy verloor het! Die tyd vir my volgende weeg kom nader maar vir eers lê ’n uitdagende naweek voor….’n naweek wat ek weer gaan oorleef en Maandag gaan kan sê: “I DID IT!”

Dieet: Healthy Weight-program deur The Sport Science Institute of South Africa (SSISA), in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 6

Hierdie week se weeg was nie te sleg nie, al het ek die naweek vreeslik “gekroek.” Ek het ’n hele paar stoute goed geëet, ek kon myself nie weerhou toe ek op die rusbank lê en fliek kyk nie! So, ek het slegs ’n halwe kilogram verloor. Dit het goed geklink (veral toe ek dink hoe verkeerd ek geëet het), maar toe ek in ag neem dat ek die vorige week 100g opgetel het en dus net 400g afgeval het in twee weke, was ek nogal teleurgesteld.

Ek is nou klaar met ingee en verkeerd eet, hierdie week is die week! Ek gaan fokus, by my eetplan bly en my vrugte eet en my water drink! Ek belowe!

Dieet: SureSlim

www.sure-slim.co.za

Persoon: Sandri Hough

Sandri se dagboek: Week 6

My eerste week van die eetplan en dit het goed gegaan. Saans maak ek dieselfde kos vir my man, sy porsies is net groter en ek sit vir hom stysel by. My porsies is aansienlik kleiner as gewoonlik, maar dit is nie so erg nie. Ek dink my maag het die afgelope vier weke al ’n bietjie gekrimp.

Die enigste struikelblok wat ek ervaar het, is al die sade en die omega-olie. Op sommige dae kry ek baie maklik die sade geëet – dis maklik om oor ’n slaai te strooi of in ‘n smoothie te verbloem, maar op dae wat dit nie by my maaltye pas nie, moet ek dit maar net so skoon eet en dit is nou nie my gunsteling nie.

Maar niks, NIKS kom by die omega-olie nie. Ek moet dit elke dag drink, die olie net so. Ek kan nie daarmee kook nie, dit moet in die yskas gehou word. ’n Koue olie-shooter enige iemand?

Ek het al alles probeer, maar niks werk nie. As ek dit in ’n smoothie verbloem, proe ek dit steeds, oor ’n slaai is dit aaklig, in sop is dit so erg dat ek nie verder kan eet nie. Maar daarby gesê, ek hou nie van enige olie nie – ek hou nie eens van goeie olyfolie oor my slaai nie. Dis nie dat hierdie omeg-olie ’n slegte smaak het nie, want dit is nie ’n visolie nie, dit is heeltemal plantaardig. My probleem is dat ek net nie van olie hou nie, ek kon dit nog nooit eet nie. Nie eens margarien op my brood nie. Ek gril daarvoor.

Teen Donderdag kon ek net nie meer nie – so toe laat weet ek vir Starla by SureSlim – en sy was so rustig daaroor. Sy was baie bly dat ek wel probeer het om dit by my dieet in te sluit, en ek moet dadelik ophou om dit te gebruik. Ek moet net met my volgende weegsessie die bottel saambring en dan sal sy dit vir my vervang met iets anders wat sy seker is sal werk. Ek is so verlig!

Dit is die een groot voordeel van die SureSlim eetplan: die hele kursus word spesifiek vir my as individu uitgewerk. Aangesien ek geen probleme het met my cholesterol nie, mag ek steeds goed soos skaapvleis en lam eet (volgens my porsiegrootte natuurlik), asook kaas en jogurt. Die eetplan bestaan uit 3 ordentlike maaltye per dag, wat die 5 ure wagperiode tussenin regtig vergemaklik. En ek kan van SureSlim se produkte gebruik maak – heerlike sjokolades wat ek MAG eet na maaltye, geurmiddels met ’n lae soutinhoud asook speserymengsels, selfs marinades. En alles is regtig heerlik. As ek my etes en inkopies goed beplan, kan ek heerlike maaltye aanmekaarslaan. Ek sien eintlik uit daarna om weer vir ’n slag vriende te onthaal, sodat ek ’n paar resepte kan toets!

’n Ander voordeel wat ek ook raakgesien het, is die kondisie van my vel. Ek was vir ’n oomblik weer terug op skool met ’n hele klomp karbonkels en dinge wat hulle koppe uitgesteek het! Hoe aaklig is dit om met jou gesig in so ’n verskriklike kondisie werk toe te gaan en ’n dag te trotseer…en nou is alles besig om op te klaar! Daarby saam het daar vir die eerste keer iemand vir my gesê ek lyk goed en vir my gevra of ek ’n bietjie gewig verloor het. Wat ’n lekkerkry oomblik!

Hierdie week moes ek ’n bietjie anders beplan met my weeg – ek het besluit om Vrydag al vir my weegsessie te gaan aangesien ek Saterdagoggend vir ’n full body massage gaan. Dit is nou iets waarna ek ongelooflik baie uitsien! Ek verdien om ’n bietjie bederf te word!

Vrydagoggend het nogal vinnig gekom – die week het letterlik gevlieg! En o jitte, ek vrees die skaal – ek kan nie nog ’n 200g-blaps oorleef nie. Slaan my toe met ’n nat vis, ek het 2.1kg verloor! Ek kon dit nie glo nie! Ek was so verras en gemotiveerd! Niemand gaan nou meer hierdie momentum kan stop nie – my gewigsverlies gaan nou voortgaan soos ’n stoomroller! Watch my!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.