Feestyd, partytjietyd, lagtyd, vakansietyd en luilekker somersdae beskryf die lekkerste maand van die jaar … Desember! Oorval die versoeking jou gereeld om nou al jou vakansietassie reg te kry? Droom jy al van skemerkelkies op die strand? Voordat jy heeltemal verlore raak in hierdie droomwêreld van vakansie, onthou om jou kar (veral haar petroltenk) boaan jou afmerklysie te sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy geweet as jou kar die verkeerde brandstof inkry, dit ernstige skade tot ’n gevolg kan hê? Nie net gaan jou kar bes moontlik vir ’n paar dae gediens moet word nie, maar jy as kareienaar kan ’n stewige versekeringsrekening kry – selfs al was dit die petroljoggie se skuld! Wanneer die verkeerde brandstof in jou kar gegooi word, kan ’n groot bedrag van jou geëis word (afhangende van jou kar se skade).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar praktiese voorsorgmaatreëls om so ’n skokkie te voorkom

• Klim uit jou kar, maak seker die petrolpomp is op 00.00 en dat die petroljoggie die regte snuit (nozzle) vir jou kar gebruik.
• Wees geduldig met die joggie! Dit kan jou baie geld spaar.
• ’n Klein plakkertjie moet aan die binnekant van jou kar se petroldop geplak wees. So kan die joggie sien of hy diesel of petrol moet gebruik.
• Beloer jou strokie voordat jy ry om seker te maak jy het die regte brandstof gekry.
• Jy sal soms iemand anders se kar ry en die mag van die gewoonte kan veroorsaak dat jy vir die joggie verkeerde instruksies gee. Konsentreer.
• Maak seker jou oliedop en enjinkap is behoorlik toe voordat jy wegry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

10 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.