kategorieë: Dieet

Dieet-uitdaging: Week 7

Dieet: Slender Wonder by Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 7

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nog ’n week is verby en die einde kom al nader… die einde van die dieet! Maar ek moet myself heeltyd herinner dat dinge nie baie gaan verander nie, ek sal nog steeds matigheid voor oë moet hou! Ek gaan wel probeer om in die week reg en gesond te eet en “bederfies” liewer vir naweke te hou.

Die naweek was weer maklik. Ek was besig en dan gaan die tyd sommer vinnig verby en dink ’n mens mos nie regtig aan eet of allerhande lekkernye waarvoor jy lus het nie. My man het wel die naweek gesê dat hy regtig nou nie meer so kan aangaan nie – ek kan nie verwag dat hy alles moet eet waarvoor ek lus is nie (oops). Dit is net vir my so bevredigend dat iemand die lekker goed eet wat ek nie mag nie, so as ek net daaraan kan ruik, is ek okei (die meeste mense lag vir my en dink ek is vreemd)!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Nuwe week het begin en my volgende weeg was in sig! Op ’n manier was ek opgewonde want ek kon sien hoe my broeke losser begin sit, so ek het gedink dit kan nie te sleg wees nie. Deur die week was ek besig by die werk en ek het baie uitdagings gehad – wat dan ook my weerstand getoets het. Normaalweg, na ’n slegte dag, sou ek gryp na ’n stuk sjokolade, hierdie week kon ek egter nie en moes ek gryp na n lemoen (wat toe nie so sleg was nie).

Woensdagoggend het aangebreek en die senuwees het weer geknaag! Ek het baie optimisties gehoop dat ek net verby die 90kg merk wou wees. Die vriendelike personeel by Skin Renewal laat ’n mens altyd so welkom voel as jy daar instap. Dit was sommer dadelik tyd om te weeg en meet en ek kan met trots sê dat ek 4kg verloor het! So, altesaam is dit 12.9kg en weeg ek nou 89.9kg! Hulle het sommer net daar besluit dat ek dadelik met die behandelings moet begin.

Ek het ’n behandeling gehad met die naam Lipodissolve en dit was nogal eina, maar hulle het darem voor die tyd vir my 2 pynpilletjies gegee. Hulle gebruik ook yssakkies om die area wat hulle behandel soortvan “dood” te maak. ’n Koue oggend is nog hanteerbaar, maar om yssakkies vir ’n hele ruk op jou maag te laat lê totdat jy nie meer gevoel het nie, is nie lekker nie! Maar, gelukkig was my vel so dood dat ek omtrent nie die naalde gevoel het nie (hierdie behandeling word slegs deur die dokter gedoen, die terapeute mag nie). Met Lipodissolve word ’n spuitstof blykbaar deur ’n lang naald ingespuit, verder is ek nie heeltemal seker wat gebeur nie – al wat ek weet is dat dit jou maerder maak!

Daarna is ek geskuif om vir die Velashape te gaan. Dit was nie so erg nie – dis ’n masjien wat hulle gebruik soos ’n roller en dit maak jou lekker warm (as ek reg kan onthou, moet dit 40 grade word).

Direk daarna het ek Carboxy gehad. Op hierdie stadium het ek gedink die seer is verby, maar toe NIE! Die terapeut het my maag in blokkies gemerk (met ’n wit pen) en genoem dat dit ’n ongemaklike seer sal wees, maar steeds het ek nie dit verwag nie! Sy het begin om al langs my been te spuit (dit is om die limf aan die gang te kry), en daarna was dit die blokkies op my maag. Dit is die weirdste gevoel want hulle spuit stikstof deur ’n naald in en onder jou vel voel dit soos iets wat beweeg en versprei en verskriklik brand! My bene het soos jellie gevoel. Terwyl ek aantrek, kyk ek af na my maag – dis wraggies groter en dit voel asof hulle al die vet gesmelt het! Baie vreemd, ek het net gehoop dit verander. Die volgende dag het my maag gelyk of daar oorlog was – ek was vol blou kolle! Gelukkig het ek die informasie gelees wat hulle vir my gegee het en daarop het gestaan dat ’n mens geneig is om blou kolle te kry en ook vir so 3 dae geswel te wees.

Ek het Donderdag my eerste maaltyd by Bon Appetit Meals bestel en dit was heerlik! Ek het ’n dis gehad met sardientjies (wat effens brand), en Japanese komkommerslaai. Dit was so lekker om by die huis te kom en daar was reeds kos! Soos ek genoem het, hulle doen die gewone maaltye en dan ook die Slender Wonder maaltye. Hier is meer inligting:

SLENDER WONDER-PRYSE

SB-Simeon B – R30
Gm-Moderate – R35
ST-Stabilisation – R35
MN-Maintenance – R45
GEWONE MAALTYE – R35

Al die maaltye word in ’n swart houer verpak wat mikrobestand is en hulle bly streng op Dr Norrh se bestanddele vir elke dieet se kategorie. Bestellings moet op ’n Vrydag geplaas word vir die volgende week en ’n minimum van 5 maaltye per week is nodig vir gratis aflewering in die Durbanville & Brackenfell-area. Kontak hulle gerus vir enige ander areas en ook om die spyskaart van die maand te kry. Hulle webwerf is: www.bonappetitmeals.co.za.

Dieet: Healthy Weight program by The Sport Science Institute of South Africa, in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 7

Sjoe, hierdie week was lank! Ek het die dae behoorlik getel tot my volgende inweegsessie. Hierdie keer het ek al die regte dinge gedoen. Ek was baie gefokus. Ek het baie water gedrink en geen alkohol nie. Ek het minder koffie gedrink, meer vrugte begin eet en uiteindelik die oefening begin geniet.

Ek voel so goed as ek uit die gim uitloop nadat ek lekker hard geoefen het. Dit voel egter steeds nie of ek ooit ’n superatleet sal wees nie, maar dit is goed om te kan oefen en steeds te glimlag terwyl jy dit doen. Gedurende week 1 het ek nooit kon dink dat ek sou glimlag terwyl ek oefen nie.

Ek het hierdie week 2.5 kg verloor. Dit was die beste nuus. Ek het nou al 8kg verloor en my doelwit is 10kg. Ek het nog so 9dae oor om 1,5kg te verloor. Sal ek dit kan doen? Ja, ja, ja! Ek moet net sterk wees. Wat ook help, is dat die dieetkundige en die instrukteur my geleer het om te verstaan hoe my lyf werk.

Dieet: SureSlim

www.sure-slim.co.za

Persoon: Sandri Hough

Sandri se dagboek: Week 7

Hierdie week moes ek ’n bietjie anders beplan met my weeg – ek het besluit om die Vrydag al vir my weegsessie te gaan aangesien ek Saterdagoggend gaan vir ’n full body massage. Dit is nou iets waarna ek ongelooflik baie uitsien. Ek verdien om bietjie bederf te word.

Vrydagoggend het nogal vinnig sy verskyning gemaak – die week het letterlik verby gevlieg. En o jitte, ek vrees die skaal. Ek kan nie nog ’n 200g-blaps oorleef nie.

En slaan my met ’n nat vis! Ek het 2.1kg verloor. Ek kan dit nie glo nie. Ek is so verras en gemotiveerd. Niemand gaan nou meer hierdie momentum kan stop nie – my gewigsverlies gaan nou voortgaan soos ’n stoomroller! Watch my!

Om etes te beplan, gaan nou soveel makliker – en selfs my man is mal oor die disse wat ek voorberei.
Hier is een van sy gunstelinge – Pita gevul met maalvleis en groente…heerlik.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.