kategorieë: DekorLeefstyl

Vrolike fraiings

Vrolike fraiings deur Cornel Dunn. Hooffoto: beyhanyazar/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Fraiings is afkomstig uit ateljees van die 16de eeu in Frankryk: Kunstenaars het dit tot ’n unieke kunsvorm vervolmaak. Dit is altyd – soos in die tyd van kloskant – met die hand gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fraiings is aanvanklik as militêre versierings gebruik maar dit het later oorgevloei na die loopplanke. Die 1920 fraiingrokke is ’n goeie voorbeeld hiervan. Dit is ook later in die hippie-era van die 1960s en die 1970s gesien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe om fraiings in jou huis te implementeer

Fokus op bybehore. Moenie bang wees om baie fraiings en selfs pom-poms by die dekor te voeg nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meng

Maak gebruik van verskillende style in fraiings. Moet nooit dieselfde ontwerp oor en oor gebruik nie.

Pas fraiings by jou persoonlike styl

As jy ’n rustieke of antiek-sjiek voorkoms verkies, kan jy nooit genoeg fraiings of tossels hê nie. In ’n skoner omgewing, aan die ander kant, fokus liefs op ’n tapyt met so ’n afwerking. As jy ’n voorstander van die Boheemse styl is, kan jy volop gebruik maak van oorgooidekens, lopers en strooikussings met tossels en fraiings. Onthou ook dat die lengte van die fraiings in proporsie tot die item moet wees. Dit moet jou nie oorweldig nie en dimensie is baie belangrik om in ag te neem.

Beligting

Indien jy nie weet hoe om fraiings by jou bestaande dekor te voeg nie, kan jy dit altyd deur middel van beligting doen. Daar is volop lampkappe wat met fraiings omsoom is.

Sorg sò vir jou fraiings

Fraiings word maklik geknoop in die was. Dit moet na die tyd met die hand uitgepluis en geborsel word.

Verskaffers:

Mr Price Home | 0800 212 535

Weylandts | 021 914 1433

Woolworths | 086 0022 002

Edgars | 0800 203 925

@Home | 0860 834 834

Piccolino | 084 922 3547

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.