kategorieë: Gesinstyd

Vroue kán superhelde wees

Om ’n vrou te wees in 2017 is moeilik. Daar is ’n inherente dryfkrag om altyd jou beste te doen en om harder te probeer. Hier is ’n paar dinge wat jou sal help om jou beste te kan gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kry jou prioriteite reg

Ons is lief vir lysies maak – omdat dit werk. Begin elke dag met twee lysies. Een vir jou werk, een vir jou huis of gesin. Maak ’n lysie van alles wat jy moet doen. Sodra jy alles neergeskryf het, moet jy besluit wat daarvan is die belangrikste. Nommer jou take in volgorde van belang en begin dan met nommer een. Sit ’n stukkie papier oor die res van die lysie sodat jy nie oorweldig voel met alles wat  nog gedoen moet word nie. As nommer een klaar is, pak jy nommer twee. Beweeg deur elkeen van die nommers tot jy klaar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vermy dinge waaroor jy nie beheer het nie

So moeilik as wat dit mag wees om te aanvaar, kan ons nie alles beheer nie. Dit is die aard van vroue om in beheer van al die situasies van die lewe te wil wees. Maar die lewe verras ons gereeld met situasies wat ons nie veronderstel is om te beheer nie. Dinge soos gesondheidskwessies wat heeltemal buite jou beheer is. Sit dit eenkant en hanteer dit net as dit opduik. As sulke moeilike tye opduik, gaan na jou familie vir ondersteuning. Moenie bang wees om kwesbaar te wees voor hulle nie. Jy sal dikwels krag kry deur openlik te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Leer om nee te sê

Om ja te kan sê getuig van ’n sterk standpunt, maar die krag van nee moet ook gebruik word om jou te bemagtig. Moenie nee sê net omdat jy sommer lus is nie. Sê nee wanneer dit nodig is, selfs al beteken dit om nee te sê vir jou gesin of jou baas. Daardie klein woordjie het soveel krag. Dit kan jou weer in beheer laat voel.

Leer om te delegeer

Dit is nie maklik vir ’n vrou om beheer oor te gee nie, maar dit is soms belangrik om dit te doen. Dit is geen skande om take aan jou gesin of kollegas te delegeer nie. Dit beteken nie dat jy minderwaardig of onbevoeg is nie. Dit beteken eintlik die teenoorgestelde, dit beteken dat jy in beheer is en jy vertrou ander mense. Begin klein, delegeer daaglikse take in jou huishouding na jou gesinslede want dit gee jou kans om aan belangriker goed aandag te gee.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.