5 maniere om meer selfvertroue te hê

Jy hoef nie die maerste, mooiste of slimste te wees om ’n selfversekerde vrou te wees nie. Soos die cliché dit stel, begin selfvertroue binne jou en werk dit sy weg na buite. Jou gesin sal ook baat by jou nuutgevonde selfvertroue. Hier is 5 uitgangspunte om meer selfvertroue te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Leer om alleen te wees (en om daarvan te hou)

Ons ken hierdie een – wees lief vir jouself voordat jy liefde van enigiemand anders kan aanvaar. Jy moet leer hoe om gelukkig te wees op jou eie en om jou eie liefde te aanvaar. Jy kan nie staatmaak op ander mense se mening om jou selfwaarde te bepaal nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Let op die woorde wat jy gebruik en vermy negatiewe selfspraak

Wend ’n bewuste poging aan om op ’n positiewe manier met jouself te praat. Praat met jouself soos wat jy met jou gesin praat. Jou brein sal uiteindelik begin glo wat jy sê en jou ’n positiewe gevoel oor jouself gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Leer om komplimente te aanvaar

Dit is ’n maklike een wat niemand regtig ernstig opneem nie. Wanneer iemand sê: “Jy lyk mooi”, sê dankie, want die kans is goed dat dit opreg is. Niemand hoef jou te komplimenteer nie, maar hulle het dit gedoen, en dit beteken iets. Moenie komplimente wegwys nie, dit sal net jou negatiewe uitkyk op jouself versterk.

4. Moet dinge nie persoonlik opneem nie

Dit is in ’n vrou se natuur om te veel oor iets na te dink. Een klein opmerking kan jou in ’n spiraal van negatiwiteit en selfverwerping stuur. Leer om dit te ignoreer. Moet jou nie te veel aan die klein dingetjies steur nie. Neem die kommentaar van wie dit kom en moenie jou tyd mors deur jou daaraan te steur nie. Gebruik eerder daardie tyd om positiewe gedagtes te genereer. Dink terug na ’n gelukkige tyd sodra ’n negatiewe gedagte in jou kop nesskop.

5. Liggaamstaal

Selfvertroue gaan nie net oor wat jy sê en hoe jy dit sê nie, dit gaan ook oor wat jou liggaam sê. As jy by ’n vertrek instap, hou jou rug regop, glimlag en maak oogkontak. Selfs al het jy ’n moeilike dag gehad, glimlag. As jy met iemand praat, behou oogkontak, moenie wegkyk as jy klaar is nie, behou oogkontak met daardie persoon totdat hy reageer. Ander mense sal reageer op wat jou liggaam sê en positief daarop reageer.

Lees ook: Bietjie ‘af’ vandag? Toets jouself hier vir winterdepressie

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.