kategorieë: GebakKos

Vye-en-bokmelkkaas-tertjies

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 1 hoeveelheid basiese soet deeg (resep onder)
  • 250 g mascarpone<
  • 2 rolletjies (100 g elk) sagte bokmelkkaas
  • 3 vars vye, middeldeur gesny
  • 30 ml heuning, effens warm gemaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Basiese soet deeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Een maklike soet deeg vir drie lekker idees. Ons het die deeg twee keer gemaak vir al ons piekniektertjies. Die deeg vries ook baie goed. (Resep uit “Bakes” deur Tina Bester)

  • 225 g botter
  • 200 g strooisuiker
  • 2 groot eiers
  • 500 g meel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Jy het ses 10 cm quiche-pannetjies met los bome nodig.
  2. Rol die deeg dun uit op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak.
  3. Voer die pannetjies met die deeg uit. Prik die boom en voer die pannetjies met bakpapier uit.
  4. Strooi rys, of droëbone op die bakpapier en bak die tertkorse vir 10 min. blind tot strooikleurig.
  5. Haal uit en lig die papier met die rys versigtig op. Meng die kase en vul elke tertjie daarmee.
  6. Roer die heuning deur die vye en sit ’n halwe vytjie op elke tertjie.
  7. Bak vir nog 10 min.

Basiese soet deeg

  1. Meng die botter en suiker goed in ’n voedselverwerker. Voeg die eiers een vir een by terwyl die masjien aan is.
  2. Voeg die meel by en meng tot dit net begin bymekaarkom. Keer op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit.
  3. Druk die deeg met jou hande bymekaar en vorm in ’n plat skyf.
  4. Draai goed toe met kleefplastiek en laat vir 30 min. in die yskas rus. (Jy kan die deeg ook in die stadium vries.)
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.