kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Gerduan Kemp oor sy nuwe musiek

Gerduan Kemp het as sanger, liedjieskrywer, videograaf en fotograaf al diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy splinternuwe enkelsnit, “Toe jy omdraai”, is ’n eerlike blik op verwagtinge, liefde en die illusie van perfekte verhoudings, en beloof om luisteraars aan die hart te gryp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek dink die titel vang die kern van die lied perfek vas – daardie oomblik wanneer jy besef dinge is nie soos jy gedink het dit is nie,” verduidelik Gerduan oor die liedjie wat hy saam met Emil Paul geskryf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy het self die redigering van die musiekvideo, wat in die Witzands Aquifer-natuurreservaat verfilm is, behartig en meen die indrukwekkende ligging dien as ’n treffende visuele metafoor vir verlies – met eindelose sandduine wat die hartseer van die lirieke weerspieël.

“Ek het juis die woestyn gekies omdat dit die liedjie se kontraste beklemtoon: die hemel en die hel, die reën en die droogte. Die woestyn en daardie gevoel van eensaamheid illustreer die reis van verlange,” vertel hy.

Buiten vir sy eie musiekloopbaan, is Gerduan ook die kreatiewe oog agter die skerms van talle musiekvideo’s met sy eie onderneming, Gerduan Kemp Photo & Film, en het al saam met kunstenaars, soos Brendan Peyper en Karlien van Jaarsveld, gewerk.

Hy is ook gereeld die videograaf verantwoordelik vir die video’s van rooi rose se voorblad-fotosessies.

“Dit is vir my ongelooflik lekker om my eie musiekvideo’s te redigeer en al werk ek met my eie beeldmateriaal, is my benadering presies dieselfde as met ander kunstenaars se video’s. Dit gaan oor die emosie wat op skerm uitgebeeld moet word. Ek moet die beeldmateriaal kies om daardie emosie oor te dra.”

Met sy talent vir storievertelling –in klank en beeld – is dit duidelik dat 2025 nog groot dinge vir hom gaan inhou.

Hy neem ons agter die skerms van sy loopbaan.

Jou debuutalbum Sesde sintuig is al meer as 3 miljoen keer gestroom. Wat het jy sedert daardie eerste vrystelling oor jouself as kunstenaar geleer?

Ek sien vreeslik baie groei in my skryfvermoë en stemgebruik. In die drie jaar sedert ek my eerste album uitgereik het, het ek baie tyd bestee om my stem te verbeter en my aanslag tot liedjies skryf te vorm. Omdat ek met soveel ander kunstenaars aan hul musiekvideo’s werk, kon ek baie by hulle leer, presies sien watter aspekte van Afrikaanse musiek werk en dit in my eie musiek toepas.

Watter kunstenaar en album het die grootste indruk op jou gemaak en hoekom?

Elandré! Nog lank voordat ek saam met hom aan ’n musiekvideo gewerk het, het ek al na hom en sy skryfstyl opgekyk. Hy het ’n ongelooflike manier om stories in sy musiek te vertel. Toe ons aan sy musiekvideo gewerk het, was ek weereens stomgeslaan oor sy kreatiewe aanslag tot alles wat hy in sy lewe aanpak.

Die eerste CD wat ek gehad het, was 30 + 30 Goue Sokkietreffers. Dit was ’n versameling van 60 Afrikaanse en Engelse liedjies. Ek het daardie CD elke dag geluister en ek dink dit het ’n groot rol gespeel in waar my liefde vir musiek vandaan kom.

Jy het nou al ’n paar trefferliedjies gehad. Is daar een wat ’n spesiale plek in jou hart het?

My liedjie “Langpad na môre” lê my baie na aan die hart. Ek het hierdie liedjie geskryf oor my besluit om Bloemfontein agter te laat en na Pretoria te verhuis. Ek het 24 jaar lank in Bloemfontein gewoon en om Pretoria toe te trek was die beste, maar tog moeilikste besluit van my lewe.

Baie mense wil deesdae hul eie inhoud skep. Wat is jou topwenk vir iemand wat beter video’s of foto’s met hul selfoon wil neem?

Beligting is die belangrikste aspek van enige foto of video. Jy hoef nie noodwendig duur kameras of beligting te besit om mooier foto’s en video’s te neem nie. Eenvoudige keuses maak ʼn groot verskil, soos om eerder die foto te neem voor ’n venster waar die natuurlike lig meer is, of as jy buite is, eerder in die skaduwee te staan sodat die son se lig nie harde lyne oor jou gesig maak nie. As jou beligting perfek is, kan jy enige foto of video goed laat lyk.

Wat is die vreemdste of snaaksste ding wat al tydens ’n vertoning met jou gebeur het?

Ek het een keer ná ’n vertoning gou iets gekry om te eet. Ek was so honger dat ek dalk té entoesiasties begin eet het en verstik toe so erg dat my klankman moes inspring om my te help. Gelukkig het dit nie op die verhoog gebeur nie, want dit sou ’n baie snaakse toneel gewees het om te aanskou!

KYK| Toe jy omdraai – Amptelike musiekvideo

Die snit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier.

Lees ook: Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.