Vir aanhangers van Willem Botha en teatergeesdriftiges is hierdie ’n aankondiging wat nie misgeloop moet word nie! Die bekende sanger, akteur, fotograaf, mede-eienaar van ‘n grimering-handelsmerk en alom-kunstige kragbron trek binnekort ‘n nuwe, kleurvolle baadjie aan. Hy is van 15 Julie as Josef in die produksie van Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat te sien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Fullhouse Productions se weergawe van hierdie ikoniese musiekblyspel is van 15 tot 23 Julie by die Afriforum-teater op die planke. Willem deel die verhoog met meer as 20 akteurs, sangers en dansers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat speel af in die lewendige wêreld van antieke Egipte en vertel die Bybelse verhaal van Josef, sy helderkleurige jas en sy reis van slawerny tot verlossing. Met bekende liedjies soos “Any dream will do” en “Close every door to me” deur Andrew Lloyd Webber en Tim Rice sowel as lewendige choreografie, is die musiekblyspel al dekades lank ’n gunsteling, en Botha se rolverdeling as Josef beloof om gehore te betower.
Willem, wat bekend is vir sy magnetiese verhoogteenwoordigheid en kreatiwe veelsydigheid, het al ’n lang pad in die vermaaklikheidsbedryf gestap sedert hy in 2006 in die kollig getree het as naaswenner van die plaaslike talentprogram Idols.
“Vir die laaste maand en ’n half repeteer ek aan een van my droomrolle! En ek is so opgewonde om Joseph te vertolk,” het hy Dinsdag op sy Instagramblad gedeel.
Karlien Meiring het meer oor sy uitbeelding van die Bybelse karakter gaan uitvind.
Om Joseph te speel, was nog altyd ’n groot droom van my. Ek dink veral omdat ek self ’n dromer is. Dis een van daardie legendariese musiekblyspele wat al vir jare reg wêreldwyd opgevoer word.
Vir my gaan dit altyd daaroor om so eerlik as moontlik deur elke emosie van die karakter te gaan. Ek sien uit om my eie stempel van musiek en toneelspel op hierdie ikoniese rol af te druk!
Elke keer as ek ’n projek aanpak, wil ek dit regtig tot die beste van my vermoë doen. Dis ’n uitdaging aan myself. Omdat ek soveel verskillende dinge doen, is dit vir my belangrik dat die gehalte van my werk nooit daaronder ly nie. Baie mense is lief vir Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat. en daarom wil ek hê mense moet my weergawe net so baie geniet!
Die laaste paar jaar verg dit baie fyn beplanning. Ek het ’n ongelooflike goeie bestuurspan by CO Productions. Saam met hulle en die Willem Botha Beauty-span werk ons my skedule haarfyn uit en beplan ons letterlik maande vooruit.
Ek moet sê die feit dat ek verskillende dinge doen, maak dat ek nooit moeg raak vir een nie. En dis die lekkerste deel van my werk. Elke dag en week is anders. Dit bly dus vars en opwindend. Ek is tans weer in die studio om aan nuwe musiek te werk en dit maak my baie opgewonde!
Kaartjies is nou oop vir besprekings by www.afriforumteater.co.za
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Valiant Swart – oor sy nuwe album
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.