kategorieë: Gesondheid

Vyf wenke om elke dag meer water te drink

Hier is ons topvyf wenke om elke dag meer water te drink!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Maak dit interessant – Voeg ’n paar skyfies suurlemoen, komkommer of aarbeie by jou water. Dit gee water ’n verfrissende smaak en sal jou motiveer om daagliks 8 glase water te drink. Die beste van alles, dis ook ’n goeie nierreiniger!
  • Hou ’n waterbottel langs jou – Sit elke dag ’n bottel water langs jou lessenaar by die werk of tuiskantoor neer (gooi sommer ’n paar kruisementblaartjies by). Sê vir jouself jy mag nie opstaan om tee of koffie te maak voor die bottel nie leeg is nie.
  • Begin jou dag met water – Maak seker dat jy ten minste een 750 ml-bottel water drink voordat jy soggens by die huis uitstap, so begin jy jou dag gehidreer. Hou ook ’n botteltjie water in die kar vir wanneer jy in verkeer sit.
  • Stel die alarm – Somtyds raak ’n mens se dag vinnig besig en voor jy jou oë uitvee, is vier ure verby sonder dat jy eens een glas water gedrink het. Stel jou selfoon se alarm vir elke twee uur en drink dan elke keer twee glase water.
  • Drink uit glas – Gooi water in ’n glasbottel en hou dit by jou. Die glas help om die water koel te maak in die yskas en dit bly koud. Water in glas proe ook soveel beter!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.