kategorieë: Reis

Waag dit op die spookbustoer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Jan Smutshuis leen hom uitstekend tot ’n spooktoer. Die plaas Doornkloof was aanvanklik in die besit van ene Nellmapius, wie se huis op dieselfde stuk grond gebou is. Gedurende die Anglo-Boereoorlog het hy die plaas in aller yl verlaat en skynbaar ’n klomp goud op die plaas begrawe.  Die konsentrasiekamp waar 2 000 vroue en kinders gesterf het, grens ook aan die plaas. En dan was daar die bywoners wat Smuts toegelaat het om op die plaas aan te bly: nege van hul grafte lê in die woud. Spoke uit hierdie gebiede word van tyd tot tyd gesien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mark boei jou met sy onderhoudende vertellings oor die agtergrondgeskiedenis – onthou, hoe ouer die terrein, hoe groter die moontlikheid van spookbesigtigings!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die bus het ons na die volgende halte geneem: die “Spookhuis” of Erasmuskasteel in Erasmusrand. Dis ’n besonderse Viktoriaanse cum art deco-gebou wat saans heel spookagtig daar uitsien! Die eienaar, Erasmus, het twee kinders gehad wat melaats was en in die huis onder die toring gebly het. Meer gaan ek nie sê nie …

Op die bus het Mark die verskillende soorte spookmanifestasies belig: besigtigings van UFO’s of vreemde vlieënde voorwerpe in Pretoria, opnames van mense wat spoke in die regte lewe teëgekom het, en “electronic voice phenomena” of EPV’s. Stof tot nadenke!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op pad het ons by ’n restaurant stilgehou om iets te drink. Hier het Mark ’n wetenskaplike kleur aan sy vertellings gegee ter wille van die skeptici onder ons. Hy het verduidelik dat ons energievelde het, wat in die medisyne onder meer vir MRI-skanderings ingespan word. Hy het ons gewys hoe om waterwysers vas te hou en in ’n sirkel te loop. Toe ons naby die stroom kom, het my waterwysers na mekaar gewys. Ek was verstom! Ek het altyd gewonder of dit regtig werk. En dit werk! Ek het begryp wat Mark oor energie vertel het.

Ek wil nie jou pret bederf deur te verklap watter plekke ons alles besoek het nie. Die toer het geëindig met drankies terug by die Jan Smutshuis, en met ’n grillerige staptog deur die “haunted forest” na die bywonergrafte teen middernag.

Moenie hierdie aand vol pret misloop nie! En onthou jou flits en stapskoene.

Vir meer inligting kan jy by www.mysteryghostbus.co.za inloer. ’n Viergangmaaltyd by die Jan Smutshuis is ook op die kaarte.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.