kategorieë: Blogs

Waar daar ’n waarskuwing is, was daar ’n stommerik

Dit is die skoolvakansiedag voor Jeugdag. ’n Dag wat seker bedoel is vir ons oumense om asem te skep en uit te rus om môre saam met die jonges te vier, maar vanweë ’n stryende jongspan wat weens ’n stormwind binneshuis moet bly, het dit juis die teenoorgestelde effek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit lyk asof die Lego-fabriek op my sitkamermat ontplof het. ’n Nare affêre wat ek net op ’n afstand gadeslaan. Om in dié koue selfs met ’n wolsokkievoet ’n Lego-blokkie raak te trap, is amper so pynlik soos die vroegopstaan na ’n langnaweek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar lê ’n paar leë Lego- en namaakselblokkiebokse op die kombuistafel. My oog vang die vetgedrukte skrif op een se sykant: “Content not suitable for children.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skuus? Nou vir wíé is die inhoud dan geskik om mee te speel?

Ek besluit om ’n paar ander waarskuwingsetikette in my huis van nader te beskou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Op die strykyster se boks staan: “Never iron clothes on the body”. Eerder gekreukel as om brandwonde op te doen, ja. Maar, ek het self al op hierdie manier ’n letsel opgedoen kort voor my troue. As mens hou van laatslaap en dan boonop ’n innige verhouding met jou wekker se snoes-knoppie het, kan dit gebeur dat mens ’n halfuur voor ’n groot vergadering wakker skrik en gou ’n paar kreukels uit jou werkshempie se voorpante probeer kry nádat jy dit aangetrek het. Om tyd te bespaar, sien?

• ’n Oosterse kombuismes se omhulsel verklaar filantropies: “Keep out of children.” Vir daardie dae wat die hoeveelste “Maar, Mamma…!” sy tol eis?

• Op die kinderhoestroop: “Moenie na gebruik motor bestuur of met swaar masjienerie werk nie.” Boeta, Mamma gaan eers jou Hot Wheels-karretjies bêre tot jou hoes opgeklaar is, hoor?

• Op ’n 1 000 stuk-legkaart: “Loose parts. Some assembly acquired.” Haal hulle nou ámper die pret uit legkaartbou!

• Op die kartonomhulsel om pizzadeeg: “Remove box before putting topping on.” Tot tyd en wyl iemand die kartondieet uitvind én gewig verloor, is hierdie raad seker smaakvol.

• Op die feëtjieliggies waarmee die huis oor die feestyd versier word, se boks staan: “For indoor or outdoor use only.” Dalk is daar in Feëtjieland ’n ander plek as binne en buite?

• My seuntjie se superheldpak se verpakking haal die wind skoon uit ’n klein superheld se aspirasies: “Wearing this cape will not enable you to fly.”

• ’n Mens kan seker gerus wees dat jy darem nie ’n kat in die sak gekoop het nie as die pakkie blitsige vuuraanstekers noem dat die inhoud “Vlambaar” is?

Die lys gaan skynbaar aan en aan en ’n mens se oë is naderhand seer gerol. Maar, as jou paranoiameter soos myne in elk geval pal in die rooi is, waardeer mens enigiets of –iemand wat veiligheid verkondig.

Daar is immers ’n rede hoekom dié tipe etikette van belang geraak het. Party potlode het té min lood en moet eenvoudig voorgeskryf word.

Dalk moet ons die Amerikaners bedank wat gesorg het dat daar vir elke moontlike menslike fiasko ’n hofsaak en miljoendollar-eis, en daarna ’n voorkomende waarskuwing gevolg het.

Die stigter van die bekroonde webwerf www.DarwinAwards.com, Wendy Northcutt, versamel al sedert 1993 inligting oor voorvalle en ongelukke wat, soos sy dit stel “show(s) us anew how uncommon common sense can be.”

Die naam van dié Darwin-toekennings is afgelei van Charles Darwin, die vader van evolusie, wat die oorlewing van die sterkstes onderskryf. Diegene wat met ’n Darwin-toekenning beloon word, ontvang dit dus post humus, dit wil sê nadat hulle hulself op uitermate idiotiese manier uit die genepoel verwyder het.

Tot die Spesie Stommerik uitgesterf het en die genepoel dus glashelder is, sal vervaardigers waarskuwings moet aanbring om diegene wat nie vir hulself kan dink nie, te help oorleef.

Intussen moet ons net onthou om die messe uit die kinders te hou en nie met Superman se mantel op die motorhuis se dak te speel nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

16 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.