kategorieë: Leef gesondGesondheid

Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie?

Nota

Vir hierdie artikel moet jy asseblief oplet na die datum waarop jy dit lees, en die datum waarop dit geskryf is. Ons doen ons bes om die storie op datum te hou maar neem in ag dat wetgewing oor gebruik, koop en verkoop van dagga kan verander, soos die storie ontvou. Vir ons gaan dit nie soseer oor die wet nie maar oor wat dagga aan jou doen. Lees gerus wat sê Doctors for Life oor dagga vir mediese toestande: Lees dit hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

31 Maart 2017

Die Wes-Kaapse Hooggeregshoof het op 31 Maart 2017 beslis dat dit ongrondwetlik is dat dagga onwettig is. Die hof het die parlement twee jaar kans gegee om die teenstrydighede in die wetgewing op te klaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As dit kom by koop, soos die situasie nou staan, mag slegs siek mense om mediese redes en op voorskrif dagga koop en gebruik. Na die hofuitspraak mag ook gesonde volwassenes in die privaatheid van hul eie woning dagga kweek, besit en gebruik. Die hofsaak het nie die koop en verkoop van dagga deur gesonde mense aangespreek nie.

Verder mag minderjariges nie dagga gebruik nie. Dit is nie duidelik wanneer ‘n persoon minderjarig is nie – jonger as sestien, agtien of selfs een-en-twintig. Daar is geen duidelikheid oor daggagebruik deur vriende by jou huis nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 Januarie 2017

Die nuwe 2017-wetgewing wat dit wettig dat jy mediese dagga koop, bring ingrypende veranderings mee. Daar is nog baie onduidelikhede, want die nuwe wetgewing dek nie al die kwessies nie. Daar is dus nog nie finale riglyne vir sommige aspekte oor dagga, koop en gebruik nie. Maar wat weet ons reeds?

Ons kyk na wat MASA (Medical Association of SA), die SAMRC (SA Medical Research Council) en MCC (Medicine Control Council of SA) sê oor mediese dagga.

Wat is mediese dagga?

Die Medical Innovation Bill onderskei tussen daggagebruik as medikasie en daggagebruik vir ‘ontspanning’, soos dit amptelik genoem word. Daggagebruik vir ’n siektetoestand word nou gewettig. Dagga vir ’n ‘high’, soos die meeste gebruikers dit eintlik wil gebruik, bly so onwettig as altyd.

Kan jy self dagga kweek vir jou kwaal?

Die wetgewing is nie duidelik hieroor nie maar vir seker mag jy steeds nie sonder verlof dagga in jou agterplaas kweek nie – nie vir jouself nie, en ook nie vir iemand anders nie.

Die nuwe Medical Innovation Bill dui aan dat ’n permit nodig is om dagga te mag kweek. Mense wat dagga vir mediese doeleindes wil verkoop, sal dus nie sonder ‘n permit wettig dagga kan kweek en verkoop nie. Aangesien die gehalte van die dagga verseker moet word, sal privaat individue waarskynlik nie permitte bekom nie. Dit sal eerder aan professionele boere of farmaseutiese maatskappye toegeken word.

Dit is nog nie bepaal of jy as individu dus ook dagga mag kweek vir jou skete of kwale nie.

Waar kry mens ’n permit om dagga te kweek?

Waarskynlik sal die MCC self permitte toeken. Kontak die MCC direk.

Hoe kry jy dagga op voorskrif?

Die enigste opsie, as jy wil dagga koop vir ’n siekte, is om dit op voorskrif te kry. Jou dokter sal jou kan verwys. Maar moenie verwag dat jou dokter so oneties gaan wees as om sonder geldige gesondheidsredes dagga vir jou voor te skryf nie. MASA waarsku dat dokters wat dagga onregmatig voorskryf sy lisensie sal verloor.

Kan jy dagga by jou apteek koop?

Vergeet daarvan dat apteke daggablare vir ’n zol sal aanhou. Die nuwe wetgewing staan nie die rook, eet of gebruik van daggablare of die hele daggaplant voor nie, want die dosis daarvan sal gereguleer moet word, net soos met enige ander medisyne.

Apteke sal dus dagga in die vorm van druppels, olie en so meer verkoop.

Dit gaan in elk geval nie maklik wees om dagga wettig te koop nie. Dit sal baie streng gereguleer word. Die nuwe daggawetgewing verander net die skedulering van dagga van ’n Skedule 7-produk, waarvan die verkope onwettig is, na ’n Skedule 6-produk, wat volgens die strengste regulasie vir medikasies verkoop word. In beginsel geld al die reëls wat geld vir die koop van morfien ook vir die koop van dagga.

Sal jou mediese fonds vir jou dagga betaal?

Baie onwaarskynlik. Jou dokter sal dit moet motiveer, en selfs dan sal mediese fondse dit nie noodwendig finansier nie. Die gebruik van dagga hou nadele in, soos ’n werklike risiko op afhanklikheid. Dit kan ook potensieel psigiese toestande sneller. Aangesien daar vir verreweg die meeste toestande beter en veiliger alternatiewe beskikbaar is, sal mediese fondse dit veel eerder finansier.

As jy egter aan een van die handvol toestande ly waarvoor dagga om mediese redes voorgeskryf word, kan jy aansoek doen vir goedkeuring.

Wat as jy newe-effekte ervaar?

Sal jy ’n mediese eis teen jou dokter en/of apteek en/of verskaffer kan instel?

Die wetgewing hieroor is nie duidelik nie maar aangesien dagga as terapie nog nie goed gevestig is nie, sal dokters en aptekers moontlik verwag dat jy ’n vorm moet teken dat jy bewus is van risiko’s soos afhanklikheid, psigose, depressie, hartskade en so aan. Jy sal dus nie ’n eis teen jou dokter, apteker of mediese fonds kan instel nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.