kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat is die reëls vir die veilige gebruik van aanvullings?

Niemand wil geld bestee aan iets wat dalk gevaarlik kan wees nie, maar tog soek ons almal na die wondermiddel wat ons, soos in die sprokies, lank en gelukkig sal laat leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die grys gebiede van die wetenskap

Dis belangrik dat maatskappye studies onderneem, maar soms word die bevindings vir eie gewin onverantwoordelik, of buite konteks aan verbruikers oorgedra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr. Jacques Rossouw, ’n kenner van wetenskaplike navorsing, sê jy moet op vier punte let voor jy studieresultate vir soetkoek opeet. Die bron waar die inligting beskikbaar is en die studie-ontwerp is baie belangrik. Studies wat in erkende wetenskaplike joernale gepubliseer is, of uit gerespekteerde akademiese bronne verkry is, is gewoonlik betroubaar. Dierestudies kan ook nie noodwendig direk op mense toegepas word nie, en die dosisse wat soms hier gebruik word, kan heelwat hoër wees as wat proporsioneel deur mense gebruik sou word.

’n Ander algemene fout, soos in The Scientist uitgewys is, is die interpretasie van resultate. ’n Voorbeeld is soos toe bevind is dat vroue wat hormoonvervangingsterapie gekry het, minder geneig was tot hartvatsiektes. Die teendeel is later bewys. Die fout: die verlaagde voorkoms van hartvatsiektes onder hierdie spesifieke groep het met die voordele van hul hoër sosio-ekonomiese status verband gehou, en nie met die terapie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sjokolade maak jou slimmer

’n Ander wanopvatting is dat die individu die groep volg. Soos die artikel in die New English Journal of Medicine oor die studie waaruit geblyk het daar is ’n verband tussen die verbruik van sjokolade en die hoeveelheid Nobelpryswenners. Daar was aansienlik meer wenners in die lande met ’n hoë verbruik van sjokolade. Dus, hoe meer sjokolade jy eet, hoe slimmer word jy! Tog is dit onmoontlik om so ’n aanname te maak. Twee onverwante goed word met mekaar in verband gebring, hoewel daar geen wetenskaplike verband is nie.

Kritiek teen studies

Die 2011 Iowa Women’s Health Study het die gesondheid van 38 000 ouer vroue bestudeer en volgens die studiebevindings was die vroue wat in die 19 jaar van die studie gereeld multivitamiene geneem het 2,4% meer geneig om te sterf. Geen melding word gemaak van watter vorm die aanvullings in die studie was nie. Sintetiese aanvullings verskil van natuurlikes. Daar word ook nie gespesifiseer of die deelnemers juis aanvullings geneem het omdat hulle reeds aan ’n siektetoestand gely het en dus ’n groter risiko vir siekte en dood gehad het nie.

Gebruik jy aanvullings veilig?

Daar is beslis ’n plek vir aanvullings as dit reg gebruik word, sê Maryke Bronkhorst, dieetkundige van Sandton.

Daar moet ’n goeie rede wees
Die gemiddelde persoon met ’n gebalanseerde dieet behoort nie tekorte te hê nie. Maar as jy aan intense sport deelneem, vir uithourenne oefen, trauma beleef (soos egskeiding, dood van geliefde), of buitengewoon lang ure werk en te min slaap, kan aanvullings ’n rol speel. Besoedeling verhoog ook jou behoefte aan antioksidante wat in bone, bessies, sitrus, tamaties en groen en geel groentes voorkom. Antioksidante sluit vitamien A, E, C, betakaroteen en selenium in. Lees meer hier

My kind is vol fiemies
Lekkerbekkige kinders eet net sekere kossoorte en kan beslis tekorte ontwikkel. En omdat hul nog groei, kan die tekorte langtermyngevolge hê.

My tienerdogter is gedurig op dieet
Beendigtheid stabiliseer in jou vroeë twintigerjare en dit is baie belangrik dat kinders, veral meisies, genoeg kalsium inneem. Baie meisies sny soms melk uit omdat hulle so bewus van hul gewig is. Vreemde diëte wat net op sekere kossoorte fokus, trek ook jou inname skeef.

Melk maak my siek
Baie mense (veral kinders) sukkel deesdae met laktose-intoleransie. Drie glase (3 x 250 ml) melk per dag voorsien jou van genoeg kalsium. Alternatiewe bronne soos soja- en amandelmelk bevat aansienlik minder kalsium en aanvullings kan nodig wees as die res van jou dieet nie genoeg voorsien nie. (Hierdie alternatiewe bronne word soms met kalsium aangevul.) Koeimelk 300 mg kalsium per 250 ml; Sojamelk 50 mg per 250 ml; Amandelmelk 2 mg per 250 ml; Rysmelk 1 mg per 250 ml.

Lees ook: Die beste melk vir kalsium

Geen vis vir my nie
Vis is hoog in omega-3, maar heelwat mense eet glad nie vis nie. ’n Omega-3-aanvulling kan die tekort herstel.

Ysteraanvullings?
Jou liggaam stoor ekstra yster in jou lewer, maar te veel yster kan gevaarlik wees. Boonop kry jy ’n toestand, hemochromatose, waar jou liggaam meer as normale hoeveelhede yster opneem en dit in die lewer, gewrigte, testikels en hart stoor. Dis die algemeenste genetiese toestand onder Noord-Europeërs, en Suid-Afrikaners het ’n hoër as gemiddelde voorval. Dit kom meer onder mans voor en in ernstige gevalle kan dit dodelik wees. Vitamien C verhoog die opname van yster in die algemeen en alkohol verhoog dit verder by mense met hemochromatose.

“Ek sou mense aanraai om eers te toets voor hulle enige ysteraanvullings neem,” sê Maryke. Lees meer by liverdoctor.com

Ek is nie lus om kos te maak nie
Ouer mense en enkellopendes wat alleen woon, eet nie altyd gebalanseerd nie en ’n multivitamien kan waardevol wees. As bejaardes daagliks by die aftree-oord ’n gebalanseerde maaltyd eet, is dit nie nodig nie.

Wees versigtig om aanvullings geïsoleerd te drink
As jy ’n aanvulling op sy eie wil drink, moet jy seker maak jy het wel ’n tekort en dit met jou dokter bespreek. Die grootste probleem ontstaan met vetoplosbare vitamiene soos vitamien A, D, E en K. Vitamien B6 is wateroplosbaar, maar dit kan ook ’n probleem word as dosisse van meer as 200 mikrogram per dag oorskry word. Hierdie vitamiene bou in die liggaam op en kan giftig word. Soms gebeur dit dat mense ’n verskeidenheid multivitamien-aanvullings (soos een vir sportmense, een vir menopouse en een vir jou vel) drink. Dus laai die individuele aanvullings op.

Gebruik vir ’n tydperk
Drink die aanvulling vir ’n ruk en hou dan op sodat jy kan vasstel of jy steeds die simptome van ’n tekort het. Of laat toets jou vlakke om seker te wees. Jy kan ’n algemene multivitamien op die lange duur drink omdat dit al die aanvullings in die regte verhouding het – wat optimale opname verseker. Die hoeveelhede is ook nooit te hoog om skade te doen nie.

#rooirosewenk
Kruie hou ook voordele in, maar as jy op chroniese medikasie is, of onseker voel oor die dosis of bron, moet jy vir veiligheid jou dokter raadpleeg.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.