Wat is beter vir jou hart? Alles wat jy nou moet weet oor kanola-olie, aspirien, kalsium, vrugtesap en dieetkoeldranke

Wat is beter vir jou hart? Alles wat jy nou moet weet oor kanola-olie, aspirien, kalsium, vrugtesap en dieetkoeldranke deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/PeopleImages

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bianca Tromp, dieetkundige van die SA Heart and Stroke Foundation, verduidelik wat die jongste, beste praktyke is oor wat goed vir ons harte is. Sy het my ‘n paar keer verras. Wys jou net hoe die dinge wat goed is vir jou voortdurend skuif, soos ons kennis verfyn. ‘n Mens moet bybly – of jy raak agter!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk of jy op datum is, as jy sou moes antwoord op die volgende:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Wat is beter vir jou hart:saadolie soos kanola-olie of pitolie soos olyfolie?

Agtergrond

Ons weet almal dat ons transvette, en veral harde vette, moet vermy. Olies (en botter, glo ‘n groep navorsers) is gesonder. Party gaan nog verder en sê ons moet olyfolie gebruik, omdat dit ‘n pitolie is.

Bianca antwoord

Enige een. Party mense glo dat die manier waarop olie onttrek word uit saadolies ongesond is – maar dit is nie werklik nie.

By pitolies word die saad uit die pit gepers, sonder chemiese inmenging en met min verhitting. Jy kry dus ‘n ongeskonde olie, soos dit in die natuur voorkom.

By saadolies word die olie chemies uit die saad onttrek. In die proses kan transvette vorm. Transvette ís ongesond, en word aan hartsiektes gekoppel. Daarom moet jy dit vermy.

Maar in ons land mag geen olie of vet meer as 2% transvette bevat nie – ook nie die kanola-olies wat jy hier koop nie.

Daarom is plaaslike kanola-olies veilig. Daarby bevat dit baie omega-3’s, wat anti-inflammatories is, jou bloeddruk kan verlaag en jou slagare teen skade kan beskerm.

Kanola-olie is dus piekfyn vir jou hart – soos olyfolie is. Kanola is ook baie meer bekostigbaar.

Onthou om min olies en vette te gebruik.

Lees ook: Eet jou hart gesond

2. Olyfolie bevat skwaleen – het olyfolie ekstra voordeel?

Agtergrond

In die sestigerjare van die vorige eeu is opgemerk dat Europeërs minder hartprobleme as ander Westerlinge het, al eet hulle baie olies in die vorm van olyfolie en botter. Daar is toe geglo dat olyfolie hul harte beskerm, aangesien Amerikaners botter eet maar selde olyfolie gebruik. Die vermoede was dat anti-oksidante hartare help gesond hou. Olyfolie is ryk aan veral een anti-oksidant naamlik skwaleen (squalene). Europeërs het dus ‘n ryk bron van ‘n beskermende anti-oksidant beskikbaar – en daarom minder hartsiektes. Moet ons dus tog maar olyfolie gebruik?

Bianca antwoord

Dit is waar dat ‘n anti-oksidant soos skwaleen jou hart op drie maniere kan help: dit help plaakvorming op jou slagare keer, dit beskerm jou slagare teen skade, en dit verlaag bloedcholesterol.

Maar eintlik bevat ander olies soos druiwepitolie, mielie-olie, ryssemelolie en sojaboonolie méér skwaleen as olyfolie!

Hierdie olies is baie duur en moeilik bekombaar, wat olyfolie ‘n makliker keuse maak.

Lees ook: Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

3. Is aspirien goed vir jou hart, of nie?

Agtergrond

Aspirien word gebruik om jou bloed te verdun sodat bloedklonte – een van die groot oorsake van hartsiekte en beroerte – nie vorm nie. Daarom gebruik baie mense van vyftig en ouer elke dag ‘n kwart aspirien of hartvriendelike aspirien, al het hulle geen hartkwaal nie – ‘n selfhelp-voorsorg teen die moontlikheid dat jou hart later begin lol.

Bianca antwoord

Aspirien kan beslis ‘n rol speel om bloed dun te hou – as dit jou probleem is en as jy ‘n risiko op hartkwale het. Maar aspirien hou sy eie risiko’s in, soos dat dit kan lei tot bloeding en maagsere. Moet jouself liewer nie op aspirien plaas nie. Gesels met jou dokter sodat hy kan evalueer of jy een van die mense is vir wie dit werklik voordelig kan wees.

Lees ook: Hoe help jy jou man om te herstel na ’n hartaanval?

4. Is kalsium (wat vir jou skelet goed is) ook goed vir jou hart, of nie?

Agtergrond

Dit het mode geraak om elke dag kalsium te drink om osteoporose (‘n bros skelet) te keer. Maar nou hoor mens ‘n paar ondersoeke het bevind dat die hartslagare van sommige mense wat jare lank kalsiumpille gebruik, verhard (verkalk of kalsifiseer), en dat hulle meer dikwels hartprobleme ontwikkel. Kortom, kalsiumpille lei tot hartkwale. Moet ‘n mens nou maar liewer kalsium vermy?

Bianca antwoord

Enkele ondersoeke het so ‘n verband aangetoon. Maar kalsium is belangrik vir jou skelet én hart. Dit maak jou skelet sterk, en keer osteoporose (bros skelet, wat verbrokkel). Kalsium help ook jou bloeddruk stabiel hou; dit beskerm ook jou hartslagare teen aterosklerose en dus teen hartvatsiektes.

Jy het dus kalsium nodig – maar nie te veel nie. As jy kalsiumryke kos eet, hoef jy nie aan te vul nie en is die kans klein dat jy te veel kalsium inkry.  Gebruik dus liewer 2%- of volroommelk, laevet- Bulgaarse jogurt en kaas. Voor jy aanvul, gesels met jou dokter of ‘n dieetkundige.

Lees ook: 3 mites oor eiers wat jy nie moet glo nie

5. Wat is beter vir jou hart: vrugtesap of dieetkoeldrank?

Agtergrond

Tot onlangs is dieetkoeldranke aanbeveel bo gewone suikerversoete gaskoeldranke, omdat dit min of geen kilojoules bevat nie en dus help om jou gewig laag te hou. En as jou gewig laag is, is jou kanse op ‘n hartsiekte ook laer – met die idee dat dit beteken jy eet gesonder. Maar eet jy wel gesonder?

Kunsmatige versoeters is maar net so ongesond soos suiker, volgens ‘n nuwe artikel in die JAMA- navorsingstydskrif. ‘n Groep van 451 743 Europeërs van tien lande word al vanaf 2000 gevolg, en nou wys ‘n ontleding van hul siektes en redes vir sterftes dat kunsmatig versoete dieetkoeldranke duidelik aan hartsiektes gekoppel word.

Is suiker dus nou weer  beter? Glad nie. Dieselfde ondersoek het gewys daar is ‘n verband tussen suikerversoete drankies (die gewone of nie-dieetkoeldranke) en sterftes weens siektes van die spysverteringstelsel.

Bianca antwoord

Los albei – en ook gewone versoete gaskoeldranke en gegeurde water. Hoe meer gewoon jou drinkgoed hoe beter: stil- of borrelwater, tee soos boegoetee, rooibos of Engelse tee en regte koffie sonder suiker.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.