kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat jy moet weet oor slange en slangbyte

Wat jy moet weet oor slange en slangbyte deur Salomé Delport. Hooffoto: Shoemcfly/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die kans dat ’n slang my pik?

Dit is klein. Kyk net na die syfers: gemiddeld sterf net twaalf mense per jaar in ons land weens slangbyt, teenoor amper 15 000 verlede jaar op ons paaie. Motors is báie dodeliker as slange – 1 250 keer meer. Tog, as jy in die veld stap of kampeer, is die kans groter dat jy op ’n slang kan afkom, veral in die somer. As jy rustig optree, is jy veilig, want slange vlug byna altyd. Dit is ’n kwessie van slange en hul gewoontes leer ken sodat ons in vrede saamleef.

Dit geld stedelinge ook, want bewoonde gebiede is nie “slang-vry” nie. Ek het al ’n rinkhals en ’n pofadder in Irene raakgeloop. Slange pas verbasend goed in die stedelike gebiede reg tussen ons aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Onthou, ’n slangpik is mees-tal nié dodelik nie. As jy binne ’n uur by ’n hospitaal uitkom, is jou kans om te oorleef 99%.

Lees ook: Wat jy moet weet oor hondsdolheid

Watter slangteengif moet ek in ons noodtas hou? Is dit ná die vervaldatum nog taamlik veilig?

My antwoord is niks! Moenie slangteengif aanskaf nie; moet dit nooit self inspuit nie; moet dit nie eens aanhou nie.
Slangteengif kan opsigself gevaarlik wees. Dit is dus nié geskik vir tuisnoodhulp nie. Teengif word in perdebloed ontwikkel. Vier uit elke tien mense ontwikkel ’n allergiese reaksie op die perdebloed, en twee uit elke tien gaan selfs in anafilaktiese skok, en kan sterf. Dus, al is slangteengif wonderlik doeltreffend, moet ’n mens dit nié self toedien nie. As dit verkeerd hanteer word, kan die persoon sterf. Dit moet slegs deur mediese personeel in ’n hospitaal gegee word, waar jy dadelik die regte hulp kry as jy daarop reageer. Stel liewer vooraf vas waar die naaste hospitaal is, en maak seker almal weet dat julle soontoe moet gaan as iemand gepik word.

Wat doen slanggif aan jou?

’n Slang se gif is bedoel om sy prooi te verlam en te verteer – presies wat slanggif ook aan mense doen. Daar is drie tipes. Die meeste slange skei al drie af, met een wat oorheersend is vir die slangsoort.

  1. Neurotoksien tas die senuweestelsel aan en verlam die spier-stelsel – ook die borskasspiere, sodat jy nie kan asemhaal nie en kan sterf. Ná so ’n pik het jy dringend asemhalinghulp nodig, waarvoor die hospitaal die beste plek is. Van die eerste tekens van ’n neurotoksien is dat die persoon tipies sleeptong praat, kwyl en moeilik sluk. Die bytplek swel meestal nie.
  2. Sitotoksien vernietig weefsel. Die bytplek en hele ledemaat swel erg, en die aangetaste dele kan daarna afsterf. Jy kan selfs die ledemaat verloor. Gaan dringend hospitaal toe.
  3. Hemotoksien tas die bloedstelsel aan. Die bytplek bloei tipies. Soos die gif saam met die bloedstroom versprei, veroorsaak dit van ligte tot erge – en potensieel dodelike – inwendige bloeding.

Ek bly graag ver weg van alle slange. Maar hulle kom na my!

  • Kýk waar jy trap. Een van ons giftigste slange, die pofadder, is ’n baie passiewe slang. Hy verkies om rustig naby sy gat te lê. Hy smelt so goed met die omgewing saam dat jy maklik op hom trap. Jy verras hom, hy skrik en daarom pik hy.
  • Gebruik saans ’n flits sodat jy ook nie op die slange wat snags jag, trap nie.
  • Tentkampeerders moet ’n tent kies met ’n grondseil wat naatloos by die sykante aansluit. Hou jou tentdeur toe-gerits wanneer jy slaap. Hou ook huisdeure toe.
  • Bedek jou bene en enkels. As jy in die veld stap, is jou enkels en bene die waarskynlikste teikens. Dra stewels en lang kouse of ’n lang broek van denim of ’n soortgelyke dikker materiaal.
  • Stamp jou voete. Slange is hoogs sensitief vir trillings. Hulle gee dadelik pad as hulle weet jy is op pad. As jy onseker is of ’n slang naby skuil, stamp jou voete ’n paar keer.
  • Ás jy op ’n slang afkom, staan net doodstil. Dóódstil. Die slang sal ná ’n tydjie padgee. As jy ver genoeg is – minstens drie tree – kan jy stadig weg van hom stap.
  • Moenie daarop reken dat jy die slang kan uitken nie. Dit is baie moeilik, selfs vir kenners, om slange op die oog af altyd akkuraat te identifiseer. Die onskadelike molslang en die dodelike Mosambiekse spoegslang lyk van bo gesien taamlik eenders. Boonop is die pik van die ‘veilige’ molslang taamlik seer. Jy kan jou lelik misgis.
  • Bly weg. Mense wat slange terg, “beter” wil sien, of probeer vang, soek moeilikheid.

Lees ook: Die regte raad vir die afskuwelike mangowurm

cturtletrax/istock images

Wat jy moet en nie moet doen nie as ’n slang jou pik

Maak so as ’n slang jou pik

Bly rustig en kalm. Dit help keer dat die gif verder sprei. Jy moet dadelik hospitaal toe. Op pad daarheen:

  • Beweeg so min moontlik.
  • Hou die gepikte ledemaat laer as jou hart.
  • Jy kan swel. Verwyder enigiets wat kan knel, soos ’n ring, horlosie en skoene.
  • Sê dadelik as jy moeilik asemhaal sodat jy mond-tot-mond asemhaling kan kry.

Moenie dit doen nie!

  • Moenie die gepikte ledemaat met ’n toerniket afbind nie.
  • Moenie die vel sny om die gif uit te bloei nie.
  • Moenie die gif probeer uitsuig nie.
  • Moenie ys of hitte op die pikplek sit nie.
  • Moenie alkohol of koffie drink of iets eet nie.
  • Moenie die slang probeer vang nie.

Vinnige feite

  • Daar is 171 soorte slange in suidelike Afrika. Van hulle het 70 geen gif nie. Net 19 se byt is dodelik. ’n Verdere
    29 se pik, soos ’n molslang s’n, kan erg seer wees, maar is nie gevaarlik nie.
  • Swart mambas en pofadders pik gewoonlik net as jy hulle probeer vang of hulle verras.
  • Suid van die Vaalriver is die Kaapse kobra, of geelslang, die gevaarlikste. Hy is algemeen in die Wes-, Suid- en Noord-Kaap en die Vrystaat, Noord-Wes en die suide van Namibië.
  • Noord van die Vaalrivier en in Natal is die Mosambiekse spoegkobra die gevaarlikste.
  • Boomslange en rinkhalse is uiters gevaarlik maar pik bitter selde mense. Pasop ook vir die groenmamba, takslang en ander kobras en adders.
  • Ons langste slang is die swartmamba. Volwassenes kan tot 4,5 m haal. Ons lang Springbokslot Eben Etzebeth is “maar” 2,04 m lank – nie eens die helfte van ’n uitgegroeide swartmamba nie.
  • Slange jaag nie mense nie. Maar die swartmamba kan die hele voorste derde van sy lyf oplig. Dit ís skrikaanjaend as daardie meter of wat lange lyf heen en weer wieg!
  • Ons dodelikste slang is die Kaapse kobra, wat die meeste sterftes veroorsaak.
  • Die gevaarlike Mosambiekse spoegkobra is ’n nagslang. Om een of ander rede kom dit graag snags huise en tente binne.
  • Pofadders pik die meeste mense.
  • ’n Swart-mamba is nie swart nie. Die naam verwys na die pikswart binnekant van die bek.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.