kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos

Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos deur Salomé Delport. Hierdie artikel het oorspronklik in die Mei 2016-uitgawe van rooi rose verskyn. Hooffoto: iStock/CatLane

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vraag

Ek pas my kleinkind van drie op. As kind het ek erg waterpokkies gehad. Nou hoor ek my kans op gordelroos is eintlik goed, en dat daar ’n vaksien is wat kan keer. Maar ek lees ook op die Internet dat ’n meisietjie van haar oupa af gordelroos aangesteek het ná hy gevaksineer is. Is dit veilig vir my kleinkind as ek gevaksineer word?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Antwoord

Prof. Gert van Zyl, patoloog en hoof van die Departement van Geneeskundige Virologie aan die Universiteit van Stellenbosch, vertel ons ’n bietjie meer oor die gordelroos-vaksien.

Lees ook: Alles wat jy van die gordelroos-vaksien moet weet

Is gordelroos en waterpokkies dieselfde?

Ja, want al verskil die simptome en gevolge, begin alles by dieselfde varicella zoster-virus.

Al genees jy as kind van waterpokkies, bly die virus vir die res van jou lewe in jou senuweeknope agter, waarvandaan dit lateraan as gordelroos kan toeslaan.

Waterpokkies is die basiese, eerste infeksie met varicella zoster, en gordelroos die heraktivering daarvan.

Maar die twee siektes lyk en voel verskillend: Waar waterpokkies begin met blasies oral op die lyf wat daarna na die arms, bene en gesig versprei, kom die gordelroosblasies meestal net op een kant van die lyf voor. Jy sal tipies ’n uitslag aan byvoorbeeld die linkerkant van jou kop, gesig en nek hê maar nêrens anders nie.

Die onaangenaamste verskil is dat gordelroos weer en weer terugkom, terwyl die meeste kinders net een keer waterpokkies kry.

Maar die heel onaangenaamste is die pyn: waar kinders jeuk, ervaar volwassenes tydens die uitslag ’n besonder intense pyn wat beskryf word as ’n “onuithoudbare, aanhoudende, skerp pyn wat steek en brand”. Gelukkig verminder die pyn namate die uitslag verdwyn.

Maar ongelukkig is daar uitsonderings.

By sowat die helfte van bejaardes wyk die pyn nie, al is die uitslag lankal verby. Post herpetiese neuralgie, of PHN, soos hierdie pyn genoem word, kan van maande tot jare aanhou omdat die virus die senuwees waarin dit skuil, beskadig. Omdat die senuwees beskadig is, werk pynmedikasie en selfs alternatiewe terapieë nie baie goed nie.

Daar is ook vermoedens dat baie meer mense as net bejaardes met gordelroos aan PHN ly – spesifiek mense met die tipiese pyn wat kom en gaan.

Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos

Hoe lyk jou kanse op gordelroos?

Daar is nie plaaslike statistieke beskikbaar nie maar as jy nie kleinkinders het nie, is jou kanse sowaar groter.

Gegrond op oorsese opnames lyk dit so:

Uit elke 100 kinders wat waterpokkies kry, sal

  • 20 gordelroos ná 50 kry
  • 50 gordelroos ná 85 kry
  • 10 van dié onder 85 sal uiters pynlike PHN ontwikkel
  • 25 van dié bo 85 sal PHN ontwikkel

As jy vaksineer, gaan jy jou kanse op gordelroos halveer en jou kans op die ongemak van PHN met 67% sny. Al kan die vaksien nie waarborg dat jy gordelroos vryspring nie, is jy beslis baie beter beskerm, en veral teen PHN.

Maar dit is net die gemiddelde statistiek: jou kanse op gordelroos kan groter of kleiner wees.

Kyk of jy beskerming nodiger as ander mense het:

  • Gebrek aan kontak met kinders*
    Lees (onder) hoekom kontak met kleinkinders met waterpokkies goed vir jou is.
  • Jou ouderdom
    Hoe ouer jy is, hoe groter is jou kans op gordelroos. Dink so daaroor: as jy sestig en baie gesond is, is die kans goed dat jy besonder oud kan raak. Daarmee saam raak jou kans op gordelroos ook groter.
  • Jou lewenstres
    Seniors ervaar dikwels dat gordelroos toeslaan wanneer hulle ’n stresvolle tyd beleef.

* Keer gordelroos deur jou kleinkind
Elke kontak met iemand met waterpokkies prikkel jou immuunstelsel opnuut. So bly jy paraat; die virus bly onderdruk; en jy bly vry van gordelroos. Vir die meeste van ons beteken “kontak met iemand met waterpokkies” kontak met ons kleinkinders. Ons het dit nie meer nie.

Waar ons grootouers maklik tien, twintig kleinkinders gehad het, het die huidige seniors dalk vier waarvan die helfte waarskynlik in die buiteland bly. Dus verloor ons die natuurlike, voortdurende opkikkering van ons immuniteit teen die latente virus, wat ons uiteindelik meer vatbaar vir gordelroos en PHN maak. Vreemd soos dit klink, is vaksinering so goed soos kleinkinders.

Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos

Kan jou vaksien jou kleinkind waterpokkies gee?

Die kans is klein, maar dit is moontlik. Die vaksien bestaan uit ’n lewende virus, en ná inenting kan jy blasies ontwikkel. Dit is moontlik dat jou kleinkind daarvandaan die virus kan aansteek.

Maar kinders word deesdae met presies dieselfde vaksien teen waterpokkies ingeënt. Jy kan jou kind dus as “tweede-hands” ingeënt beskou. Die simptome behoort veel ligter te wees as wat dit sou wees as jou kind die “wilde” stam van maatjies aangesteek het.

Is die vaksien veilig?

Dit is by ons onlangs eers beskikbaar maar te oordeel na die gebruik daarvan in Amerika en Brittanje – vir sowat tien jaar al voor dit hier gebruik is – is die vaksien veilig.

Al klink inenting met ’n lewende virus gevaarlik, is dit ’n verswakte virus wat jou nie kan siek maak nie maar net jou immuunstelsel prikkel om teenliggame teen die werklike virus te maak.

Tog kan sekere mense nie vaksineer nie, soos:

  • Mense wat allergies is vir gelatien (jellie en jellielekkers) omdat die vaksien gelatien bevat.
  • Mense wat allergies is vir die antibiotika neomisien (neomycin).
  • Mense met kanker van die beenmurg en klierstelsel.
  • Mense met siektes wat die immuunstelsel onderdruk soos MIV/vigs.
  • Terwyl jy verkoue, griep of enige ander siekte het. Wag tot jy gesond is.
  • Terwyl jou immuunstelsel onderdruk is weens medikasie, soos wanneer jy met steroïede behandel word, of chemo of stralingsterapie kry vir kanker, of permanent kortisoon gebruik.
  • Terwyl jy aktiewe gordelroos het. Wag ook tot dit verby is.
  • Swanger vroue.

Hoe gevaarlik is waterpokkies regtig?

Ons maak waterpokkies af as “lig” en aanvaar bloot dat ons kinders daarvan sal herstel. Maar ’n splinternuwe ondersoek in die jongste uitgawe van Circulation verbind hierdie infeksie aan beroerte by jong kinders. Dit is nooit “net” waterpokkies nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

5 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.