kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat jy moet weet op Wêreld-Epilepsiedag

Wat jy moet weet op Wêreld-Epilepsiedag. Inligting verskaf deur Novartis Suid-Afrika. Vertaal deur Martie Swanepoel. Hooffoto: fstop123/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is epilepsie?

Epilepsie is ’n chroniese breinsiekte wat meer as 50 miljoen mense wêreldwyd raak. Mense van alle ouderdomme ly daaraan en byna 80% van hulle leef in lae- en middel-inkomste lande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Effektiewe behandeling wat epilepsie kan beheer, is beskikbaar, maar baie mense, veral in lae-inkomste lande, wil nie behandel word nie uit vrees vir die stigma wat aan die siekte kleef.

Novartis Suid-Afrika wil vanjaar op 11 Februarie sorg dat meer mense bewus word van die siekte en ook poog om van die stigma van die siekte ontslae te raak.

Dr. Chris Nathaniel, mediese hoof van spesialisbehandeling by die maatskappy,  sê volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kry sowat driekwart van mense met epilepsie in lae- en middel-inkomste lande nie behandeling nie.

“Hierdie gaping bestaan nieteenstaande die beskikbaarheid van goedkoop medikasie wat epileptiese aanvalle kan beheer. Studies in hierdie lande toon tot 70% van volwassenes en kinders met epilepsie kan suksesvol met anti-epileptiese medikasie behandel word. Verder kan hierdie medikasie na twee tot vyf jaar onttrek word as kinders (70%) en volwassenes(60%) aanvalvry sonder ’n terugslag is.”

Daar is ongelukkig min anti-epilepsie medikasie in baie lande beskikbaar. In baie gemeenskappe is daar ook misverstande oor die siekte en ’n vrees vir diskriminasie en die sosiale stigma wat al vir eeue aan die siekte kleef. Laasgenoemde verhoed dat mense behandeling soek.

“Dit is tyd om ’n einde te maak aan die stigma wat ’n impak kan maak op lyers en hul gesinne,” sê hy.

Wat jy moet weet oor epilepsie

Dit is nie aansteeklik nie en word gekarakteriseer deur herhaaldelike aanvalle. Dit is kort periodes van onbeheerbare bewegings wat ’n gedeelte van of die hele liggaam insluit.

Ideopatiese epilepsie is die algemeenste en raak ses uit tien mense wat aan die siekte ly. Dit het nie ’n identifiseerbare oorsaak nie.

Epilepsie waarvan die oorsaak vasgestel kan word, is sekondêre epilepsie. Die oorsake kan breinskade, breinwanvorming of ’n erge hoofbesering insluit.

Die frekwensie van aanvalle kan wissel en kan van een tot verskeie aanvalle per dag wissel.

Hierdie aanvalle kan ontstellend vir die lyer en toeskouers wees. Baie lyers kry voor ’n aanval ’n aanvoeling dat iets ernstig gaan gebeur of ’n gevoel van euforie.

Tydens ’n aanval kan die persoon sy bewussyn verloor. Sy spiere kan verslap en veroorsaak dat hy val. Hy kan onbeheerbaar ruk en beheer oor sy blaas of stoelgang verloor. Dit kan ook klink of hy skree omdat die spiere om die stembande saamtrek.

Nie alle aanvalle behels stuiptrekkings nie. Soms is daar net ’n kort verlies van aandag, spier-sametrekkings, vinnige oogbewegings of oogknippery en ’n staar-sessie.

Na ’n aanval kan die persoon duiselig, verward of slaperig voel of nie kan onthou wat gebeur het nie. Hy kan ook hoofpyn hê en baie moeg wees.

Risikos

’n Aanval kan die hartritme versteur en op die lang termyn kan epilepsie hartkwale of beroerte veroorsaak.

Die meeste lyers het gesonde swangerskappe, maar daar is meer risikos.

Lyers is geneig om meer fisieke probleme te hê (breuke en kneusplekke weens aanvalle) en meer sielkundige toestande soos angs en depressie kan voorkom. Die risiko van vroeë sterftes is tot drie keer hoër as by ander mense. Van die sterftes soos verdrinking, val, brand en uitgebreide aanvalle kan voorkom word.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie gebeur dit dat lyers minder toegang kry tot gesondheid- en lewensversekering. Daar is ook blokkasies na sekere beroepe.

Stop die stigma en kry behandeling

Effektiewe, bekostigbare behandeling is beskikbaar en lyers moet sorg dat hulle gediagnoseer word sodat hulle behandel kan word en aanvalle beheer en voorkom kan word. Dit kan die gesondheidsimpak verminder.

Ondersteuningsgroepe vir pasiënte kan emosionele steun bied aangesien ander lede aan dieselfde siekte ly en dieselfde probleme het.

Epilepsie Suid-Afrika bied steun en inligting aan lyers en hul families. Klik hier en hier om meer uit te vind.

Inligting verskaf deur Novartis Suid-Afrika

Bronne

  1. World Health Organization Epilepsy Fact Sheet https://www.who.int/news-room/fact-sheets/detail/epilepsy 15/01/2019
  2. http://thebarrow.org/Education_And_Resources/Barrow_Quarterly/204913 http://basicneeds-fellowship.blogspot.com/2014/11/the-effects-of-epilepsy-on-body.html 29/01/19
  3. Effects of Seizures on Autonomic and Cardiovascular Function -Orrin Devinsky, M.D. https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC531654/ 29/01/19
  4. University of Rochester Medical Centre Health Encyclopedia: Epilepsy and Seizures https://www.urmc.rochester.edu/encyclopedia/content.aspx?contenttypeid=135&contentid=4 29/09/19
  5. Johns Hopkins Medicine: Epilepsy and Seizures  http://hopkinsmedicine.org/healthlibrary/conditions/nervous_system_disorders/epilepsy_and_seizures_85,P00779/ 29/01/19
  6. Mayo Clinic: Epilepsy https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/epilepsy/symptoms-causes/syc-20350093 29/01/19
  7. Epilepsy Foundation Michingan: Impact on Wellness http://www.epilepsymichigan.org/page.php?id=361 29/01/19
  8. Mayo Clinic: Grand Mal Seizure https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/grand-mal-seizure/symptoms-causes/syc-20363458 Last Accessed 29/01/19

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.