kategorieë: Gesondheid

Wat om te doen as jy verkrag is

Meld dit so by die polisie aan:
– 11 stappe wat dit makliker vir jou maak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Haal ’n paar keer diep asem
Dit help jou liggaam kalmeer en gee jou tyd om te besin oor wat jy moet doen om die misdadiger in die tronk te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Kry jou klere en jouself bymekaar
Maar moenie afvee, was of bad nie. Jou hele lyf is vol bewyse wat hom kan skuldig vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Maak bewyse bymekaar
Wat het agter gebly – klere of ’n tou waarmee jy vasgebind is? Neem alles wat jy kan raaksien saam, want dit kan leidrade vir die polisie wees.

4 Kan jy foto’s neem?
Gebruik jou selfoon vir foto’s van die plek, voertuigspore, voetspore, jou beserings – enige iets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 Moenie iets eet of drink nie
Bloed- en urienmonster gaan geneem word om te kyk of jy onder die invloed van verkragtingsdwelms of drank was. (Dit tel teen die verkragter.)

6 Deel dit dadelik
Kom so gou as jy kan by mense uit en sê dat jy verkrag is.  Hierdie persoon word die eerstekontak getuie genoem, en speel ’n baie groot rol as jy ’n hofsaak maak.  As ’n vreemdeling jou moes help of oplaai langs die pad, kry sy/haar naam en nommer dat die polisie met hom/haar kan opvolg.

7 Gaan huis toe en kry skoon klere MAAR MOENIE WAS OF AFVEE NIE
Jy is deur ’n aaklige ondervinding. Jy wil nie dat dit met ander vroue ook gebeur nie. Daarom wil jy die bewyse aan jou lyf intakt hou. Jy kry bloot skoon klere sodat jy iets het om aan te trek sodra die polisie en hospitaalondersoeke klaar is. Hulle sal moontlik ook jou klere as bewyse wil agterhou.

8 Kom by die hospitaal en polisie Jy moet by die hospitaal én polisie uitkom.
As jy beseer, seer of stukkend is of bloei gaan eerste hospitaal toe.  Andersins gaan na jou naaste polisiekantoor.

9 Dring aan op privaatheid
Jy sal minder skaam wees.  Jy het die reg om by die polisiekantoor aan te dring daarop om met ’n polisievrou te praat, met haar in privaatheid te praat en in jou huistaal te praat.

10 Wag dit uit
Polisiekantore het nie noodwendig ’n eie verkragtingsreaksie-eenheid nie maar het net toegang tot een. Dit beteken dat hulle iemand moet laat kom na die polisiestasie waar jy is. Die ding is net dat dit van ’n paar minute tot ure kan neem voor iemand jou kan help. Maar wag dit uit. Hierdie persoon is opgelei en gaan baie help om die verkragter vas te pen. Soortgelyk by hospitale, waar ’n spesifieke toetsstel en prosedure gevolg word om al die moontlike bewyse bymekaar te maak.

11 Kry troos
Jy is deur ’n troumatiese ervaring en sal waarskynlik geskok wees, later angstig raak en/of depressief raak. Moenie alles alleen probeer dra nie. Laat iemand toe om jou daardeur te dra.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.