Hoekom is dit enigsins belangrik?
Dokters gebruik dié puntestelsel om jou baba te evalueer. Op grond van jou baba se telling neem hulle besluite oor sy versorging in die eerste week, en veral in die eerste paar uur.
Die Apgar-telling evalueer:
A = Appearance, of die kleur van jou baba
P = Pulse, of die hartklop
G = Grimace, of sy reaksie as hy ligweg gepla word met byvoorbeeld ‘n sagte knypie of ‘n skerp liggie
A = Activity, of sy spiertonus en hoe beweeglik hy is
R = Respiratory Effort, of hoe sterk hy asemhaal
Punt | 0 | 1 | 2 |
Voorkoms | Lyfie oral bleek of blou | Lyfie pienk maar arms en bene blou | Lyfie oraloor pienk |
Hartklop | Geen | Onder 100/minuut | Meer as 100/minuut |
Gesigvertrekking na ‘n sagte knyp | Geen reaksie | Flou huilgeluidjie. Miskien ‘n gesigvertrekking. | ‘n Harde gehuil, gesig vetrek en baba trek weg |
Spierspanning | Spiere heeltemal pap, lyfie slap, geen beweging | ‘n Bietjie beweging, arms en bene effens opgetrek | Aktiewe beweging. Bene en arms gebuig en trek dadelik op as dit reguit gemaak word |
Asemhaling | Geen | Snak na asem, haal vlak of onreëlmatig asem | ‘n Lustige huil, haal sterk en reëlmatig asem |
Wat sê sy APGAR-telling?
• Oor die algemeen is ‘n telling van 7-10 normaal.
• Onder vier is nie goeie nuus nie, met ‘n groter kans dat jou baba kan sterf.
As jy ‘n 1 000 babas neem, sal
• 315 met ‘n telling van 0 – 3 sterf
• 5 met ‘n telling van 7-10 sterf
Wat voorspel jou kind se Apgar-telling vir sy toekoms?
Niks. Ons maak te veel van die Apgar-telling, glo dokters vandag. Maar in die dae dat die oumas van vandag self kinders gehad het (in die 1980s en 1990s), het navorsing verskyn wat sou bewys het dat ‘n lae Apgar-telling – enige telling onder 7 – gekoppel kan word aan laer intelligensie, jeugmisdaad, ontwikkelingsteurnisse en ander vorms van gedrags- en ontwikkelingsprobleme.
Die Apgar-telling is egter ‘n baie algemene soort van evaluering en glad nie bedoel of geskik vir sulke tipe interpretasies nie. Dit voorspel glad nie die langtermyn gesondheid, intelligensie of ontwikkeling van jou baba nie. Dit is bloot wat dit is: ‘n manier om te sê hoe goed dit met jou baba op die oomblik gaan.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.