kategorieë: Ons menseBekendes

Liam Bosman groet ‘Diepe waters’ met groot planne

Hy het nog altyd ’n groot verbeelding gehad en drome om alles van ’n veearts tot ’n konsertinaspeler te word. Maar die kollig het geroep, en Liam Bosman se eerste rol in ’n professionele produksie was dié van Sampie in die 2016-fliek Vir die voëls.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die afgelope paar jaar het ons hom beter leer ken as Johan Swarts in die telenovelle Diepe waters. Liam het ook in die kykNET-dramareeks Mooiweer en warm gespeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maandagaand 26 Februarie is egter die laaste keer wat kykers vir Johan Swarts in Diepe waters sien. Liam het besluit om uit die swembad te klim en sy vlerke te sprei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy sê die grootste uitdaging om Johan te speel, was om swemfiks te word. “Ons het twee maande voor ons begin het met verfilming dag in en dag uit geswem. Ek het 8 kg verloor en was later so fiks dat ek twee lengtes kon swem, uit die swembad klim en dan reg wees vir my dialoog op kamera sonder om uitasem te wees.”

As hy drie mense op Diepe waters moet uitsonder wat vir hom mentors geword het, is dit Justin Strydom en Nadia Valvekens, asook Gert van Niekerk, een van die regisseurs van die reeks. “Hulle het my so baie oor storie en karakter geleer en die dieper betekenis agter alles. Die lesse wat ek by hulle geleer het, gaan ek vir die res van my lewe saam met my dra. Dis iets wat geld nie kan koop nie, en dit het hoe ek werk aanpak geheel en al verander.”

Droom groot, want jy het net een lewe.” Dit is sy leuse. “Elke mens word met verskillende kaarte die lewe ingestuur. Dit is wat jy daarvan maak, wat saak maak. Niemand kry ’n tweede kans nie, en jy kan net alles in jou vermoë doen om jou beste te probeer.”

Liam wil nie net as akteur werk nie, maar ook draaiboeke skryf en agter die kamera sy slag as regisseur wys. Hy was op 15 reeds vir ’n tyd lank in Amerika en beplan om weer te gaan. “As jy mik, moet jy hoog mik,” sê hy. “Ek droom om eendag saam met die regisseurs Christopher Nolan, Quentin Tarantino en Guy Ritchie te werk, en as ek die kans kry om voor die kameras saam met Jonah Hill, Shia LaBeouf of Jason Bateman te wees, sal ek beslis nie nee sê nie.”

Liam se aanhangers kan egter gerus wees. Hy is in die nabye toekoms weer in ’n kykNET-reeks te sien. Meer as dit kan egter nie nou verklap word nie.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae 18:30 op kykNET. Ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook:Vyf-vinnige-vrae met Angelique Gerber oor haar nuwe ‘wilde’ rol op Diepe Waters

Lees ook: 10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.