kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat sê jou baba se Apgartelling?

Hoekom is dit enigsins belangrik?
Dokters gebruik dié puntestelsel om jou baba te evalueer. Op grond van jou baba se telling neem hulle besluite oor sy versorging in die eerste week, en veral in die eerste paar uur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Apgar-telling evalueer:
A = Appearance, of die kleur van jou baba
P = Pulse, of die hartklop
G = Grimace, of sy reaksie as hy ligweg gepla word met byvoorbeeld ‘n sagte knypie of ‘n skerp liggie
A = Activity, of sy spiertonus en hoe beweeglik hy is
R = Respiratory Effort, of hoe sterk hy asemhaal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Punt 0 1 2
Voorkoms Lyfie oral bleek of blou Lyfie pienk maar arms en bene blou Lyfie oraloor pienk
Hartklop Geen Onder 100/minuut Meer as 100/minuut
Gesigvertrekking na ‘n sagte knyp Geen reaksie Flou huilgeluidjie. Miskien ‘n gesigvertrekking. ‘n Harde gehuil, gesig vetrek en baba trek weg
Spierspanning Spiere heeltemal pap, lyfie slap, geen beweging ‘n Bietjie beweging, arms en bene effens opgetrek Aktiewe beweging. Bene en arms gebuig en trek dadelik op as dit reguit gemaak word
Asemhaling Geen Snak na asem, haal vlak of onreëlmatig asem ‘n Lustige huil, haal sterk en reëlmatig asem

Wat sê sy APGAR-telling?
• Oor die algemeen is ‘n telling van 7-10 normaal.
• Onder vier is nie goeie nuus nie, met ‘n groter kans dat jou baba kan sterf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy ‘n 1 000 babas neem, sal
• 315 met ‘n telling van 0 – 3 sterf
• 5 met ‘n telling van 7-10 sterf

Wat voorspel jou kind se Apgar-telling vir sy toekoms?
Niks. Ons maak te veel van die Apgar-telling, glo dokters vandag. Maar in die dae dat die oumas van vandag self kinders gehad het (in die 1980s en 1990s), het navorsing verskyn wat sou bewys het dat ‘n lae Apgar-telling – enige telling onder 7 – gekoppel kan word aan laer intelligensie, jeugmisdaad, ontwikkelingsteurnisse en ander vorms van gedrags- en ontwikkelingsprobleme.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Apgar-telling is egter ‘n baie algemene soort van evaluering en glad nie bedoel of geskik vir sulke tipe interpretasies nie. Dit voorspel glad nie die langtermyn gesondheid, intelligensie of ontwikkeling van jou baba nie. Dit is bloot wat dit is: ‘n manier om te sê hoe goed dit met jou baba op die oomblik gaan.

Lees ook: 14 skades wat jy jou ongebore baba kan spaar

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.