“Jy is soos helder water,” het ‘n oom by hul dertigste huweliksherdenking vir sy vrou gesê. Al was ek nog op laerskool, het ek dit nooit vergeet nie. Ek het instinktief geweet hy verwys na haar natuurlike warmte en haar manier om jou spontaan aan haar ruim boesem te druk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Water is magies. Soms strek dit roerloos voor jou uit, vol kleur en die beelde van wolk, wal of boom. Soms raas dit teen ‘n verskriklike spoed by jou verby sodat jy sidder by die gedagte dat jy meegesleur kan word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sekere waterervarings bly my by. Blinkblou sterretjies op die Malawi-meer (lank, lank gelede), die bruisende gordyn van die Victoria-waterval, ‘n smaraggroen bergpoel in Thailand. Of ‘n koeëlronde druppel op ‘n kappertjieblaar, en ritse “diamantjies” aan ‘n spinnerak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Water neem die vorm aan van die glas waarin jy dit gooi, kalwe oor dekades nuwe roetes uit, of vernietig ‘n sementwal in ‘n oogwink. Maar die kragtigste verskyningsvorm is seker trane in die oë van iemand vir wie jy lief is – ‘n grootmens, of ‘n kind.
In “The invitation” skryf Oriah Mountain Dreamer: “I want to know if you can sit with pain, mine or your own, without moving to hide it or fade it or fix it.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Mense met die innerlike kalmte om hierdie stil aanvaarding vir iemand anders te bied, is soos helder water. Hulle les ‘n diep, diep dors.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.