kategorieë: Blogs

Soetkoekies met Prozac

Die Feestyd is altyd vir my ’n deurmekaar mengsel van soet en suur. Wat veronderstel is om ’n rustige, vreugdevolle tydperk te wees, kan vining ontaard in ’n episode van Binneland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit begin by die oornooi van familie. En dan moet jy jou huis slaggereed kry sodat dit lyk soos iets uit Top Billing. Die familie moet darem nie na die tyd te erg skinder nie! Onvoltooide projekte word inderhaas voltooi, beddegoed word gewas en Pinterest word jou beste vriendin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tussendeur word tafelplasings ywerig uitgewerk – soos ‘n aanvalsplan. Oom Piet mag nie langs tant Sus sit na die struweling in 1989 nie. Klein Daan hou nie van sy nig nie en dus moet hulle wyd versprei word om konflik te vermy. En so kan ek aangaan …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien jy die bogenoemde sirkus oorleef, kan jy aanbeweeg na die volgende rondte: Kersinkopies. Hierdie is by verre die moeilikste taak. Jy wil iets ouliks en persoonliks koop wat duur lyk en goedkoop is. En om jou emosioneel waansinnig te maak, speel elke winkel dieselfde Boney M-CD. Jy hardloop van winkel na winkel en ontaard in ’n masjien van aankope wat geen inmenging duld nie. ’n Meisie op ’n missie!

Hierna is daar gelukkig net die klein dingetjies oor – soos om ’n spyskaart op te stel wat jou baie basiese kookvermoë verbloem, om vir oulaas ’n milligram te probeer verloor (sodat mense nie kan sien hoe stief die jaar jou werklik behandel het nie), en om jou emosioneel voor te berei op jou broer se stoute kinders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek dink egter ek het die antwoord op al hierdie mal aktiwiteite: Soetkoekies met Prozac. Nie net sal niemand omgee wat in die Kerskous is nie, maar daar sal geen struwelinge wees nie. Die koeldrankvlekke op jou matte sal jou slegs ligweg irriteer en skoonma sal jou beste vriendin word.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom

Marissa Claasen vertolk die rol van Anna, wat al die pad uit Amsterdam vir Lee-Roy…

16 hours Gelede

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

1 day Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

2 days Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

2 days Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.