kategorieë: Blogs

Ons hou konsert

Dis konserttyd. Prysuitdelingtyd. Ma’s, pa’s, oumas, oupas, ooms en tantes word maande vooraf ingelig: hou oop, ons hou konsert.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar sit ek ook toe dié week – eers ’n prysuitdeling, tóé ’n danskonsert. Boksterte is styfgetrek, seuntjies vermaan om nie hande-in-die-sak op die verhoog te slenter nie. “Moenie aan jou klere trek of in jou neusie krap nie. En, hoor ek ’n juffrou preek, soek vir Mamma, maar moenie waai nie. Sy kan jou sien”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gmf, dink ek vies. Waai my kind, waai. Wye windmeularms as dit moet. Jy (en ek) het hard gewerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Juffrou, weet jy dat jou rokkie te kort en jou hakke te hoog is om met jou agterstewe na die gehoor te buk as jy die sertifikate uitdeel? Moenie ’n kort rokkie aantrek nie. Veral nie as jou bene dit nie toelaat nie. Hoe werk jy in elk geval met kleintjies op hoë hakke?

Sies Ma, betig ek myself. Ek wil haar terugkry – ’n kind is ’n kind, en ’n kind met ’n prys op ’n verhoog na ’n lang jaar kan maak wat sy of hy wil. Glo ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Behalwe vir my eie kind se prys gee ek nie veel aandag nie. Ek kyk. Mense. En kinders. Daar’s die tuisbly-ma’s met hul video-kameras, elke oomblik fyntjies vasgevang. Professionele ma’s wat dieselfde met ’n slimfoon probeer doen. Uit-hul-plek pa’s wat ’n jaar in ’n aand wil opmaak en breëbors pa’s wat joviaal knik, groet en gesels. Oupas wat stywenek doodstil sit, soos in die kerk, maar breed glimlag as bloedjie beurt kry. En oumas, ai, die oumas . . . ek vrek oor oumas.
Hulle kom stigtelik die saal binne. Sondagklere aan. Hare gedoen. Handsakke blink. Party gemaklik met ouma-wees, ander stry teen die tyd met rokke, broeke en skoene wat in hul dogter of kleindogter se kas hoort.

“Daai een s’n blink soos die Melkweg,” sug my stigtelike moeder-in-swart en wys met haar kop in die rigting van ’n silwerblink-bebrilde ouma. Die naels is silwer, die outfit is silwer, die handsak en die hare is blink-silwer. Uitgevat, in silwer.

Ek sien die lang, blou naels eerste raak. Haar hare ’n perfekte pixie. Aan haar een sy is Oupa, stywenek-Oupa. Aan die ander sit bloedjong Boeta. Dis warm, maar Ouma is by omgee verby. Haar arms is kaal en as sy hande klap laat haar bewende bo-arms my dink aan branders wat breek.

Dis sulke tyd. Ouma pomp eers vir Oupa in die sy, toe vir Boeta. Sy vang die kleintjie se oog. Roep haar, kliphard oor die saal se vlakte. Die musiek kry rigting, Ouma spring op, waai wild (ja, met windmeularms) en dans op haar eie verhoog. Sy ken elke woord van die song, sing, jil en juig. Sak uiteindelik uitgeput stoel toe, en val Boeta om die nek. “Dis jou dogter daai,” bars die trots. Oupa sit steeds stywenek. Loer uit die hoek van sy oog en om sy mond krul ’n skalkse glimlag. Hy weet iets wat ons nie weet nie.

My pa, ons Oupa, tik haar op die skouer. “Hoeveel kleinkinders het jy in hierdie show?” vra hy stout. “Een, net een. Die ander is in Engeland,” lag sy trots. Hartseer.

En later, toe ons stigtelikes oorgee en luid vir niggie Jana juig, is die pixie-ouma-met-die-blou-naels in ons kraal. Sáám hou ons konsert.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

5 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

8 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

12 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.